St Colmcille: 100% slaagsyfer na 22 jaar

2018-01-11 06:00

Vir die eerste keer in 22 jaar as staatsbe-heerde skool het St. Colmcille Sekondêre Skool in Kirkwood ’n 100% slaagsyfer behaal in die 2017 matriek-eindeksamen.

Die skool se slaagsyfer was 36% in 2012. Dit het jaarliks verbeter tot dié uitsonderlike prestasie van die graad 12 klas van 2017.

“Die sukses van die skool kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die uiters toegewyde en professionele onderwysers. Hulle onbaatsugtige opofferinge en passie vir hul beroep kan nie in rand en sent gemeet word nie,” sê Ian Balie, skoolhoof van St. Colmcille Sekondêre Skool op Kirkwood.

“Elke aktiwiteit word beplan en ontwerp om die belange van ons leerders te bevorder. Die onderwysers van St. Colmcille is die beste en ons wens die graad 12 klas van 2017 alle voorspoed vir die toekoms.”

St. Colmcille het uitstekende vak slaagpersentasies behaal met Afrikaans (huistaal) 100%, Engels (eerste addisionele taal) 100% met 3 onderskeidings, Lewensoriëntering 100% met 1 onderskeiding, Rekeningkunde 100%, Landbouwetenskappe 100%, Geskied-enis 100%, Toerisme 100%, Wiskundige Ge-letterdheid 97%, Geografie 94%, Besigheidsstudies 93%, Lewenswetenskappe 92%, Wiskunde 80%, Ekonomie 69% en Fisiese Wetenskappe 57%.

“Die skool het sy slaagpersentasie-teiken behaal maar ongelukkig nie sy aantal graadstudie-toelatings nie. Die 70% diplomatoelatings moet verbeter word na graadstudie toelatings,” sê Balie.

St. Colmcille is in 1939 gestig deur die Rooms Katolieke Kerk en in 1996 deur die staat oorgeneem.

Dit bedien hoofsaaklik die landelike gebiede van die Sondagsrivier Vallei sowel as Glenconner, Westbank, Malmaison, Kirkwood, Enon, Addo, Paterson, Alicedale, Colchester en Port Alfred.

Die geografiese verspreiding maak die koshuis, wat tans 183 leerders huisves, ‘n belangrike element van die skool.

“Die skool wil graag die ouers en gemeenskap van Kirkwood en die breë Sondags- riviervallei bedank vir hul volgehoue ondersteuning. Besondere dank aan die skoolbe-heerliggaam vir hul visie, leiding en ondersteuning.

“Dankie ook aan die kringbestuurder van die Departement van Basiese Onderwys, Xoliswa Selana, vir haar motivering en ondersteuning in 2017.

Armoede is ’n realiteit by die skool en die skoolhoof doen ’n beroep op hulp van enige aard. Die skoolhoof kan gekontak word by 042 230 1682 of stcolmcille@telkomsa.net

St. Colmcille is gereed vir 2018 en die span toegewyde onderwysers sal hul wenresep vir uitstekende persentasies vanjaar voortsit.

-HEILIE COMBRINCK

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.