Steakbraai word by Innibos vir Morné gehou-

2019-08-22 06:01

’n STEAKBRAAI word môre-aand by Innibos Kuierplek gehou om geld in te samel vir die voortgesette mediese hulp aan Morné van der Berg (15).

Morné het vier weke gelede ’n fraktuur aan sy C5- en C6-werwel opgedoen en sy arm gebreek in ’n motorongeluk. Hy was saam met sy ma, Sonica en broer Henré (11) op pad na Laerskool Handhaaf om vir Henré af te laai toe die ongeluk op die hoek van Prellerweg en Albertynrylaan gebeur het.

Morné is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk aan by die huis.

Dié steakbraai is die inisiatief van die plaaslike nie-winsgewende organisasie Fuel on Wheels. Dit word môre-aand vanaf 18:00 by Innibos-lapa buite Despatch gehou en Angel sal sorg vir die musiek. Die kaartjies is R100 per persoon en sluit ’n steak, twee slaaie en ’n broodrolletjie in. Vir kinders is daar worsrolletjies teen R20 elk.

“Ons het begin met 100 steaks. Getalle het uit hul nate begin bars en ons is nou al by ’n paar 100 steaks,” sê Johan Oosthuizen van Fuel on Wheels.

“Dit gee my hoendervleis om te sien hoe die publiek inspring en ondersteun waar hulle kan.”

Steakbraai-kaartjies is by Johan 062 668 5745, Ronelle 083 588 4838 of Robert 083 516 6760.

  • Fuel on Wheels se volgende fondsinsameling is op Saterdag, 31 Augustus wanneer ’n mandjiedans vanaf 18:00 by Laerskool Winterberg gehou. Dit is om geld in te samel om die skool se bus weer aan die ry te kry. Dié bus staan reeds vir ’n geruime tyd met meganiese pro-bleme. Kaartjies is R50 per persoon (gratis vir kinders o.13 jaar) . Vir meer inligting bel Johan 062 668 5745 of Ronelle 083 588 4838
  • Die daaropvolgende Fuel on Wheels fonds-insameling, ook vir Winterberg, is vanaf 17 tot 22 November. Aktiwiteite sal op die hoek van Joubertstraat en Graaff Reinetweg wees en Johan gaan vir ses dae met sy fiets op ’n roete deur Uitenhage ry. Fietsryers en stappers is welkom om die roete saam met hom te doen.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.