Swak diens of swak ondersteuning?

2019-04-04 06:00
=LEDE van die gemeenskaps-ontwikkelingsforum in gesprek met Tommie van Rooyen, areabestuurder vir die Poskantoor, oor die moontlike sluiting van die Gambleville-poskantoor.                                                            Foto:HEILIE COMBRINCK

=LEDE van die gemeenskaps-ontwikkelingsforum in gesprek met Tommie van Rooyen, areabestuurder vir die Poskantoor, oor die moontlike sluiting van die Gambleville-poskantoor. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Gambleville-poskantoor laat sy gemeenskap in die steek en versaak om die bejaardes, behoeftiges en gestremdes van diens te wees.

So sê Uitenhage sakeman en gemeenskaps-leier Abdulla Tiry, nadat hy kennis ontvang het dat die Gambleville-poskantoor sy deure gaan sluit en nie langer die perseel, waarvan Tiry die eienaar is, gaan huur nie.

Volgens Tiry is die rede vir die sluit van die poskantoor dat te min mense die poskantoor ondersteun en daarom is dit nie meer finansieël moontlik om die deure oop te hou nie.

“Dié poskantoor het maande laas huur betaal, dit pla my nie. Wat my pla is dat hulle swak diens lewer en nou die gemeenskap blameer vir hulle finansiële verknorsing,” sê Tiry.

“Die poskantoor het aangedui dat ’n gemiddeld van 15 mense per dag die poskantoor besoek, wat glo te min is. Ek het vir ’n halfuur daar gestaan en 12 mense getel wat by die poskantoor ingegaan het. Nie een van hulle kon gehelp word nie, omdat geen van die dienste wat hulle verlang het beskikbaar was nie.

“Maandag sowel as Dinsdag (1 & 2 April) was daar geen geld vir toelae-uitbetalings nie. As hulle ’n professionele diens lewer, sal dit vir hulle moontlik wees om hulle deure oop te hou en selfs uit te brei,” sê Tiry.

’n Lys van klagtes oor dienslewering van die Gambleville-poskantoor is deur die gemeenskaps-ontwikkelingsforum van wyke 45, 48, 49, 50, 51 en 53 opgestel. Dit sluit onder andere in dat daar geen elektroniese transaksies gedoen kan word nie, slegs een persoon beman die kantoor en soms is die kantoor vir twee weke gesluit as die persoon siek is, en algemene swak dienslewering.

Dié forum, wat deur ’n groep besorgde senior burgers van die omliggende gemeenskap gedryf word, het binne drie dae 1 712 handtekeninge gekry in ’n petisie om te verhoed dat die Gambleville poskantoor sy deure sluit.

Florence de Vos, een van die forumlede sê dit is nie vir die bejaardes, behoeftiges en gestremdes moontlik om na die Uitenhage-poskantoor te gaan nie.

“Van dié mense het nie geld nie en kom juis einde van die maand poskantoor toe vir hulle toelae-geldjie. Nou wil hulle die poskantoor sluit en dié mense moet dorp toe te gaan en betaal vir vervoer met geld wat hulle nie het nie,” sê De Vos.

Kiewiet Stuurman, nog ’n lid van die forum sê, “Vanoggend was hier nie ink nie, ander dae is daar nie papier nie. Dit is mos nie die gemeenskap se skuld nie. Nou moet ons dorp toe gaan. Ons wil hier gehelp word, dit is vir ons veiliger en kos ons niks om hierheen te loop nie. Waarom moet ons betaal om in die dorp in lang rye te gaan staan vir ’n diens wat veronderstel is om hier gelewer te word?”

Tommie van Rooyen, areabestuurder vir die Poskantoor het na die pleidooie van die forum geluister en gesê dit is wel in die pyp-lyn dat die Gambleville-poskantoor gesluit gaan word.

“Daar is veelvoudige redes daarvoor onder andere finansiële nood en dat statistiek toon dié poskantoor word onderbenut. Dus regverdig die hoeveelheid transaksies nie die huur van die gebou nie,” sê Van Rooyen.

Van die 300 posbusse by Gambleville-poskantoor word tans slegs 17 verhuur.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.