Swart Maandag: Plaasmoorde se ‘rimpeleffek raak almal’

2017-11-02 06:00

’n See van mense in swart klere het Maandag onder die R330-brug buite Humansdorp teen plaasmoorde saamgetrek.

Die sowat 400 boere het met kruise, swart ballonne en plakkate wat lui “Stop plaas- moorde” langs die N2 gestaan. Die optog was deel van die Swart Maandag-optog.

Die boere het op hul knieë gegaan en hul hande en kruise omhoog gehou in ’n oomblik van stilte vir die boer van Klapmuts, Joubert Conradie, wat verlede week tydens ’n plaas-aanval vermoor is.

Soortgelyke optogte is ook in die buitewyke van Port Elizabeth, Kirkwood, Cradock en Rietbron gehou.

Volgens Dolf van Vuuren, voorsitter van die landbouvereniging in Rietbron, was dié gemeenskap en hul buurdorp, Willowmore, se boere tot dusver ’n aanslag teen boere ge-spaar, maar wou hulle nogtans ter ondersteuning van ander boere solidariteit toon en ’n danksegging hou vir hul veiligheid.

“Ons boere, plaaswerkers en inwoners van die dorp het ’n biduur gehou om as ’n eenheid saam met die res van die land se boere te staan,” het Van Vuuren gesê.

Die boeregemeenskap is dit eens dat dit nie ’n swart-wit-optrede is nie.

Patsy Kruger, ’n byeboer in die Elands- riviervallei, het beklemtoon dat wanneer ’n boer vermoor word, dit ’n rimpeleffek het.

“As die boer vermoor word en die plaas nie meer bewerk kan word nie, waarheen gaan die werkers?” vra sy.

Phillip Vosloo, ’n inwoner van die stad, sê hy ondersteun die optog omdat sy ouma jare gelede op Steytlerville vermoor is. Volgens hom is die taak té groot vir die polisie.

Volgens Willie Bosch, voorsitter van die Farm Comm-buurtwag, kan die regering meer vir boere se beskerming doen.

“As hulle eenhede vir die ondersoek na politieke moorde in KwaZulu-Natal tot stand kan bring, hoekom nie ook iets vir die boere doen nie?”

Hy meen die boere moet self ook verant- woordelikheid aanvaar vir hul veiligheid by die huis.

Inwoners van die sitrusdorp Kirkwoord en die boeregemeenskap van Cradock het Maandagaand byeengekom om teen misdaad en plaasmoorde te bid.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.