‘Swendelaars lieg vir boere oor varkpes’

2016-07-21 06:00
=Douglas Stern, president van Agri Oos-Kaap .   Foto: Mariska Spoormaker

=Douglas Stern, president van Agri Oos-Kaap . Foto: Mariska Spoormaker

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Varkboere in die Oos-Kaap is gewaarsku teen swendelaars wat beweer dat daar uitbrekings is van die dodelike klassieke varkpes en dat die besmette diere van kant gemaak moet word.

Klassieke varkpes is nie dieselfde as die meer algemene varkgriep nie, maar twee verskillende varksiektes, verduidelik Simon Streicher, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie.

Varke wat klassieke varkpes het, hou op met vreet, het hoë koors en bondel op mekaar. Vrektes kom voor. Dit is ’n siekte wat dadelik aangemeld moet word. Geen entstof hierteen is in Suid-Afrika beskikbaar nie, en besmette varke word van kant gemaak.

Klassieke varkpes maak nie mense siek nie. Mense wat in aanraking was met varke wat met die siekte besmet is, kan egter die siekte aan gesonde varke oordra.

“Daar was in 2005 ’n uitbreking van hierdie siekte in die Oos-Kaap, en toe moes 492 000 varke deur die veeartsenydienste van kant gemaak word. Hierdie veldtog het die Suid-Afrikaanse regering R800 miljoen gekos,” aldus Streicher.

Volgens Mlibo Qoboshiyane, LUR vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, besoek “sekere individue” plase en vertel aan die eienaars dat uitbrekings van die siekte in die provinsie voorkom.

“Hulle beweer ook dat die departement besig is om besmette varke bymekaar te maak sodat dit van kant gemaak kan word. Dit is heeltemal onwaar.

“Ek wil dit duidelik stel dat daar geen uitbreking van hierdie siekte in die Oos-Kaap of elders in Suid-Afrika is nie. Indien ’n uitbreking hiervan wel voorkom, sal hierdie sensitiewe inligting deur die korrekte amptelike kanale deur die staat bekend gemaak word.

“Almal wat hierdie onware stories versprei, moet onmiddellik aan die polisie gerapporteer word, sodat hulle voor die hof gedaag kan word,” het Qoboshiyane gesê.

Ook Douglas Stern, president van Agri Oos-Kaap, weet van geen uitbreking van die siekte in die provinsie nie.

“Hierdie is klaarblyklik ’n swendelstorie. Onder normale omstandighede sal Agri Oos-Kaap die eerste wees wat in kennis gestel sal word van enige dieresiekte wat ons provinsie tref.

“As dít die geval was, sou ons as organisasie lankal ons lede in kennis gestel het van die gevare en implikasies van so ’n ramp,” het Stern bygevoeg.

  • Vier Vrystaatse plase is in kwarantyn nadat meer as 600 varke vermoedelik weens Afrika-varkgriep by Bloemfontein, Botshabelo en in die distrik Koffiefontein gevrek het.

Zimasa Leputla, direkteur: kommunikasie en inligtingsdiens van die departement van landbou en landelike ontwikkeling, het bevestig vier Vrystaatse plase, twee by Bloemfontein, een by Botshabelo en nog een in die distrik Koffiefontein, is in kwarantyn geplaas.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.