Swerwershond nou ‘in die wolke’

2017-03-30 06:02
<Afhangende van die weer, sal Erika en Rolex Saterdag tussen 12:00 en 14:00, voor die hoof lugvertoning, vertoonvlugte onderneem of dan laatmiddag se kant, na die hoof lugvertoning. Hier is die vliegmaats in Erika se Jabiru vliegtuig.                   Photo:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Honde kán vlieg.

Afgelope Sondag kon ‘n paar ongelowige Thomasse dit met hul eie oë sien en het selfs versteen bly staan en opkyk na die blou hemel waar Rolex alte lekker met sy mensema rondvlieg.

In ‘n vliegtuig, natuurlik, met Erika Lambrechs aan stuur van vliegsake en Rolex veilig vasgegordel.

En dis omtrent iets om te sien wanneer Rolex se oopbek-tong-uit na jou van agter sy kajuitvenstertjie kyk wanneer die vliegtuig verbyry na die opstygbaan.

Bo in die lug, vertel Erika, kyk hy ook so ewe rond. Terug op vaste aarde is daar nie eers ‘n sweempie van dronk- of naarheid by die man nie. Net ‘n groot dors. Vir water.

Rolex en Erika se saamwees kom ‘n lang storiepad, maar kortliks kom dit daarop neer dat Rolex maklik 7, 8 jaar ‘n swerwershond by die lughawe was. Kersfees 2015 het hy vir die eerste keer saam met Erika huis toe gegaan en kort daarna het die saamvlieëry begin.

Die beste is dat enigiemand dié unieke ‘saamvlieëry’ hierdie Saterdag by die Wings & Wheels-fees by Uitenhage se vliegveld kan beleef.

Afhangende van die weer, sal Erika en Rolex tussen 12:00 en 14:00, voor die hoof lugvertoning, vertoonvlugte onderneem of dan laatmiddag se kant, na die hoof lugvertoning.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

The day the town ran dry

2017-11-19 00:00

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.