Taximan vas ná hy glo permitte vir begrafnisse vervals

2020-04-30 06:02
’n Ry taxi’s wag by ’n padversperring op die R61.       Foto: Verskaf

’n Ry taxi’s wag by ’n padversperring op die R61. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n TAXI-EIENAAR wat na bewering vervalste begrafnispermitte uitgereik het sodat passasiers gedurende die staat van inperking tussen die Wes- en Oos-Kaap vervoer kan word, is in hegtenis geneem.

Weziwe Tikana-Gxothiwe, LUR vir vervoer in die Oos-Kaap, het die inhegtenisneming in ’n verklaring bekend gemaak en gesê sy glo dit sal help om die verspreiding van die koronavirus in die provinsie te bekamp.

“Mense wat tussen provinsies rondbeweeg, veral van die Wes-Kaap af, is een van ons grootste uitdagings terwyl die Covid-19-gevalle in die Oos-Kaap toeneem,” sê Tikana- Gxothiwe.

Volgens Tikana-Gxothiwe het die ondersoek deur ’n span speurders van die Oos-Kaap se handelsmisdaadeenheid hulle na Kaapstad gelei, waar die 44-jarige taxi-eienaar in hegtenis geneem is.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het die arrestasie bevestig en gesê die taxi-eienaar is op aanklag van bedrog aangekeer.

“Die verdagte het na bewering vervalste permitte uitgereik aan mense wat tussen die Oos- en Wes-Kaap gereis het vir begrafnisse wat nooit plaasgevind het nie.”

Verder word beweer hy het een doodsertifikaat gebruik om die permitte te vervals en voor te gee dat passasiers almal na dieselfde begrafnis op pad is.

Die taxi-eienaar is gewaarsku om op 11 Junie in die landdroshof in Aberdeen te verskyn.

Die R61-pad naby Aberdeen is veral sedert Paasnaweek ’n kwelpunt vir verkeersowerhede omdat taxi’s uit die Wes-Kaap die Oos-Kaap hier probeer binnekom.

Unathi Binqose, woordvoerder van die Oos-Kaap se departement van vervoer, het aan Netwerk24 gesê sedert die inperking is daar veral oor naweke meer voertuie op die R61 wat grootliks uit taxi’s bestaan wat die Oos-Kaap wil binnekom.

“Met die inhegtenisneming van die vermeende baasbrein agter die vervalste permitte verwag ons dat die verkeer stiller sal wees.”

Intussen het die Graaff-Reinet Advertiser berig dat taxi’s in ’n poging om die padversperring op die R61 te vermy, selfs deur boere in die Aberdeen-distrik se grond gery het.

Binqose het by navraag gesê hy is nie bewus van sulke voorvalle nie, maar doen ’n beroep op inwoners om die nodige bewyse hiervan aan die departement te verskaf.

“As daar alternatiewe paaie of roetes is wat motoriste gebruik om ons padversperrings te omseil sal ons dit natuurlik ondersoek en opvolg,” sê Binqose.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.