Tiere kraai wéér koning met brugbou

2019-07-18 06:01
<HTS Daniel Pienaar se brugbouspan (van links) Dylan Willet, Veandré Frazenburg en Janu Ferreira het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs se brugbou-trofee in die Oostelike Provinsie Brugbou-kompetisie gewen. Hulle gaan in September aan die SA brugbou-kompetisie in Johannesburg deelneem.        Fotos:VERSKAF

<HTS Daniel Pienaar se brugbouspan (van links) Dylan Willet, Veandré Frazenburg en Janu Ferreira het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs se brugbou-trofee in die Oostelike Provinsie Brugbou-kompetisie gewen. Hulle gaan in September aan die SA brugbou-kompetisie in Johannesburg deelneem. Fotos:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BRUGBOUERS van HTS Daniel Pienaar het weer hulle siviele ingenieursvernuf gewys en deurgedring na die SA brugbou-kampioenskappe.

Dit was die 14de keer in 17 jaar dat DP die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs se brugbou-trofee in die Oostelike Provinsie Brugboukompetisie gewen het.

DP se twee beste brugbou-spanne, bestaande uit drie leerders per span, moes elk ‘n brug ontwerp en bou met ’n spanlengte van 600mm en ’n minimum breedte van 100mm.

Twaalf Oos-Kaapse spanne het deelgeneem en DP se spanne was onderskeidelik die wenners en naaswenners.

Die wenspan, bestaande uit Dylan Willet, Veandré Frazenburg en Janu Ferreira, se brug het 108 gram geweeg en kon ’n gewig van 82kg dra. Hulle het elk R150 prysgeld gekry sowel as vliegkaartjies na Johannesburg waar die SA brugbou-kampioenskappe in September gehou word.

Die naaswenners, Takudzwa Chari, Ryno Potgieter en Tiaan van Jaarsveld se brug het 115 gram geweeg en het ’n gewig van 50kg ge-dra.

Hulle brug is ook aangewys as die mees estetiese brug.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.