Tiere pak taai oorlewingstog aan

2015-12-17 06:00
=Die taai Tiere wat die Grosvenor oorlewingsroete voltooi het is (van links) Ruan Gerber, Edmar du Preez, Deon Engels, Dean Willet, Wian Strydom, Tian Beneke en WJ Kruger. Afwesig: Justin Leonard.                                                 Foto:

=Die taai Tiere wat die Grosvenor oorlewingsroete voltooi het is (van links) Ruan Gerber, Edmar du Preez, Deon Engels, Dean Willet, Wian Strydom, Tian Beneke en WJ Kruger. Afwesig: Justin Leonard. Foto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Agt seuns van die HTS Daniel Pienaar het onlangs die bekende Grosvenor-oorlewingstog saam met die 72-jarige Ewald Craus vanaf Wildernis tot by Mosselbaai aangedurf.

Die seuns Dean Willet, Edmar du Preez, Justin Leonard, Ruan Gerber, Tiaan du Preez, Deon Engels, Wian Strydom en WJ Kruger het saam met nog 27 seuns van regoor die land die tog voltooi.

Die 83km staptog, kuslangs vanaf Wildernis tot by Mosselbaai, strek oor ’n moeilike terrein met klowe en riviere wat oorkom moet word. Die seuns pak dit sonder kos aan en moet uit die natuur oorleef.

Volgens WJ Kruger, een van DP se seuns, het oom Ewald hulle geleer watter plante en bessies eetbaar is.

“Die soort ‘aartappel’ wat jy uit ‘n sekere boom se wortel haal was die slegste, maar jy eet enige ding wanneer jou maag van die hongerte grom. Ons moes een vis tussen agt deel en het ook skerpioene, paddas, seekat, oesters en mossels geëet,” het WJ Kruger gesê.

“Ons kon darem vuurhoutjies saamneem.”

Dertig jaar gelede toe WJ se pa, Willie, dieselfde tog saam met dieselfde Craus onderneem het, was die stroompies se water nog skoon en drinkbaar, maar nou kon hulle nie van die besoedelde water gebruik maak nie en daar moes water daagliks op punte beskikbaar gemaak word.

Die tog het die seuns nie net van oorlewing geleer nie, maar gesprek is gevoer om die hulle van mededeelsaamheid, verdraagsaamheid, geloof en ander lewenswyshede te leer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.