Toilet kry status in Bergsig-produksie

2018-08-30 06:01
=’n Toilet speel ’n belangrike rol in die alledaagse lewe en self in politiek. Hier is Bergsig-leerders Luvu Moyakhe (voor links) saam met Gcobisa Skawuti (regs) en Chimondré Booysen (links agter) wie te sien is in Bergsig Sterre 60.        Foto:HEILIE COMBRINCK

=’n Toilet speel ’n belangrike rol in die alledaagse lewe en self in politiek. Hier is Bergsig-leerders Luvu Moyakhe (voor links) saam met Gcobisa Skawuti (regs) en Chimondré Booysen (links agter) wie te sien is in Bergsig Sterre 60. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BERGSIG Skool se 60ste bestaansjaar word vanjaar gevier en in die gees van dié mylpaal word die Bergsig Sterre 60 vermaaklikheidskonsert volgende week by die skool aangebied.

Die 120 “sterre” wat gaan deelneem is almal leerders van die skool en hulle is sedert Februarie besig met voorbereiding om hulle kaleidoskoop van dans-, drama- en sangtalente op die verhoog te wys.

Die leerders word afgerig deur Kareen Breytenbach (dans), Luana Bester (drama) met Jonel Knickelbein en Erna Cloete (sang).

In die verhoogstuk word daar tong-in-die-kies gespot met die belangrikheid van ’n toilet en hoe-kom dit die “wonderlikste uitvindsel” is wat mense se lewens verander.

Daar word ook verwys hoe die toilet selfs in politieke kringe ingespan word om guns te wen.

“Oral in die drama is die toilet ’n prominente onderwerp. Toe dit by dekorontwerp kom was dit onvermydelik, daar moet ’n toilet op die verhoog kom,” sê Luana Bester, ’n adjunk-hoof by Bergsig Skool en skrywer van die verhoogstuk.

“Kyk, jy moet nie vir hierdie Bergsig-manne sê hulle moet iets bou nie, dan bou hulle ’n properse ding. Nou staan daar ’n toilet soos die ware Jakob op die verhoog.”

Wat die produksie uitsonderlik maak is die gepaste gerekenariseerde agtergrondtonele wat vir die verskillende items op die verhoog geprojekteer word.

Dave Ackerman van Line Out help Bergsig met dié projeksies terwyl Ettienne Brown van ET Disco se klanktoerusting gebruik word. Dié professionele hulp dra by dat dié Bergsig-produksie van uitstaande gehalte is.

“Dit is ’n geleentheid om te spog met ons leerders. Hulle het so hard gewerk en oefen sedert Februarie om volgende week op te tree,” sê Bester.

Die publiek word uitgenooi om Bergsig Sterre 60 by te woon. Die produksie duur 150 minute en beloof om propvol vermaak te wees.

Daar is drie vertonings in die Bergsig-skoolsaal. Die eerste aanbieding is op 4 September en konsertgangers sit by bespreekte plekke by tafels.

Kaartjies is R100 en sluit ’n ligte ete in. Op Donderdag, 6 September word ’n oggendvertoning vir skole aangebied en die aand kan die publiek kom kyk en kaartjies is R40 elk.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.