Tonnel-visie is hier baie opwindend

2017-11-16 06:01
=Dit is ’n besondere ervaring om in die donker en halflyf in die water deur die 1.5 km lange bergtonnel op Tanglewood in die Elandsriviervallei te loop ... én om jou vas te loop in ’n klomp vlermuise.

=Dit is ’n besondere ervaring om in die donker en halflyf in die water deur die 1.5 km lange bergtonnel op Tanglewood in die Elandsriviervallei te loop ... én om jou vas te loop in ’n klomp vlermuise.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die verskonings is interessant wanneer jy vriende saamnooi vir ’n 10km stap, waarvan 1,5 km heuphoogte in ’n sementtonnel deur ’n berg is.

“Ek het hawe-angst. Dis die sement. As dit nou ’n natuurlike tonnel was ...”

“Ek was ’n brugbaba, ek het engtevrees.”

“My skopknie praat teë wanneer ek langs die strand gaan stap. Hy gaan my in die steek laat...”

Op die Saterdagoggend was dit toe ook net ’n handjievol mense wat opdaag vir dié stap-ervaring op die Tanglewood-plaas in die Elandsriviervallei saam met die Voetsac East Cape Adventure & Hiking Association.

Dis hier waar die tonnel al in 1939 deur die berg gegrawe is sodat die pype, aangelê van die Sandrivierdam, water na Port Elizabeth kon bring. Om een of ander duister rede is die projek nooit voltooi nie. Dis minder as 2 km se stap vanaf ’n plaasopstal verby ’n dam, oor grondpad, veld en land tot by die tonnel.

Net toe die son lelik wil begin steek, is ons by die tonnel. Die gat waar ons moet in, is só klein, ’n stilte daal oor die groep neer. Op twee stappers na is dit almal se eerste keer.

“Ek kan deur die gat en deur die tonnel, so julle kan ook,” sê die stapleier Peet Claasen, ’n groot man.

Dus, uit met die stapbroek en stapskoene en aan met die mag-nat-en-modderig-word-skoene en broek. Kopflitse aan, en een vir een wurm ons deur die klein openinkie.

Met die intrapslag is dit koue water en diep, sanderige modder onder die voete. Die water maak swoesj-swoesj soos ons vorentoe beur, want die modder “suig” ons skoene in.

“My skoen sit vas!” roep Heilie Combrinck later uit. Die ander agter haar wag geduldig dat sy trap-trap die verlore skoen opspoor. Toe dit weer gebeur, besluit sy kaalvoet deur die 1,5 km lange tonnel is die beste.

Ek sukkel met my kopflits, alles bly so donker. Heilie bars uit van die lag. “Jy het nog jou sonbril op!”

Kyk, sê Faheem Abrahams, en skyn met sy flitslig teen die muur. Daar hang ’n vlermuis! Seker verdwaal. ’n Ent verder skyn Peet teen die tonneldak “Sien julle hoe die stalaktiete begin vorm?” Wraggies. Maar dis nog ligjare kleiner as dié in die Kango-grotte.

Die water raak later vlakker en uiteindelik loop ons op klam sement. Skielik klief ’n vrou se gille deur die tonnel! ’n Hengse klomp vlermuise zirrrts en whoei-whoei rakelings verby ons koppe. Hulle hou nie op daarmee nie tot ons uiteindelik by die tonnelopening aan die anderkant uitkruip.

Ons is al vroeër gewaarsku dit kan sukkel oor die Elandsrivier, maar die droogte is ook nog hier en ons “klipspring” tot anderkant, en sien ’n kliphuis hoër op teen die berg. Dit lyk soos ’n storiehuis.

Die eerste hoofstuk van die storie kry ons al by die digte bamboesbos, die fonteinwater en ’n bergskilpad wat homself haastig uit die voete maak. Gerehabiliteerde skilpaaie word op die plaas vrygelaat.

En toe kom die verrassingshoofstuk: daar, in die middel van nêrens, ’n swembad – groot, effens ronderig, netjies geteël en met klip omsoom – vol helder, helder fonteinwater.

Hoe verklaar jy dit?

Peet sê die ou mense het slim gebou. Die swembad is bietjie bult-af van ’n fontein, dus loop die helder water deur al die jare en droogtes steeds in die swembad. Regs van die trappe is daar ’n oorloop en die water kabbel in ’n dammetjie vol pers waterblommetjies.

’n Entjie hoër op loop ons die “storiehuis” raak. Uit klip gebou in die ou plaas se glorie-dae. Maar dit was perdestalle, so fluit-fluit, die storie is uit!

Teen ’n steil opdraande, kilometers verder onder die bakkende son, kyk ons terug, sien die kliphuisie. Jô, ons het weer ver gestap! “Ja, as jy terugkyk en sien waar jy gestap het, dan is dit nice,”sê Zulaygah Abrahams, “só is die lewe ook!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.