Top skuldberader bring hoop waar geld knyp

2018-07-19 06:00
=Shaun Zeelie van Master Your Money op Uitenhage is deur The Debt Review aangewys as een van die land se top 5 skuldberaders in die kategorie vir kleinsake.      Foto:HEILIE COMBRINCK

=Shaun Zeelie van Master Your Money op Uitenhage is deur The Debt Review aangewys as een van die land se top 5 skuldberaders in die kategorie vir kleinsake. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n SKULDBERADER van Uitenhage wat “toevallig” in dié bedyf beland het, is onlangs aangewys as een van die land se top vyf beraders in die kategorie vir kleinsake-ondernemings.

Skuldberading was nie ’n loopbaankeuse op Shaun Zeelie se lys van toekomsplanne nie. Na matriek het hy as klerk by ’n sake-onderneming begin werk, min wetende dat dit die begin was van sy loopbaansukses in skuldberading waarvoor hy 10 jaar later nasionale erkenning sou geniet.

“Ek glo die potensiaal is in my raakgesien want ek is kort na my aanstelling gestuur om ’n kursus in kredietberading te doen. ’n Ge-leentheid om my eie onderneming te begin het spoedig gevolg en ek het dit aangegryp,” sê Shaun Zeelie van Master Your Money, ’n skuldberader by Moselweg 34 op Uitenhage.

Deesdae dien Zeelie op die paneel van DCASA, die skuldberaders-vereniging van Suid-Afrika, waar hy die verteenwoordiger van die Oos-Kaap se skuldberaders is.

Dit bied hom bloodstelling op die hoogste vlak oor die nuutste tendense en regte wyses hoe om skuldberading met sukses toe te pas.

“Dit is belangrik om oor rentekoerse te onderhandel. Dit bied die geleentheid om jou kliënt se finansiële verknorsing te help verlig. As jy nie oor rentekoerse onderhandel nie doen jy jou kliënt in,” sê Zeelie.

Sy eerste tree tot dié gespesialiseerde veld was om sy studies te voltooi oor die kredietwet, kredietregulasies en die prosedures van skuldberading. Daarna het hy kleinsakebestuur en finansiële bestuur deur Unisa gedoen.

“Dit was vir my belangrik om ’n goeie begrip te kry van die ander kant van die munt, bedoelende die banke se perspektief, hoe werk skuld en hulle berekeninge daarvan.

“Mense is skrikkerig vir skuldberaders en het ’n wanpersepsie dat dit net vir mense is met slegte skuld.

“Dit is nie die geval nie, baie wat na my toe kom is as gevolg van ’n verandering in omstandighede.

“Iewers is daar ’n verskuiwing in finasies, miskien ’n nuwe baba, iemand verloor hulle werk of moet korttyd werk.”

Zeelie sê as ’n kliënt hom besoek vir skuldberading is daar ’n program waarop hulle besonderhede en rekeninge gelaai word om bereikbare verlaagde paaiemente te bereken. Hy kry nie fisies toegang tot hulle geld het nie. Die geld gaan in ’n trust waaruit die kliënt se rekeninge betaal word volgens nuwe bereken-inge deur ’n skuldberader, krediteure en verdelingsagentskappe.

Dit is juis dié verdelingsagentskappe, banke (krediteure), mede-skuldberaders en kliënte wat deelgeneem het aan The Debt Review asseserings oor skuldberaders se effektiwiteit en sodoende is die top beraders in die land aangewys.

Zeelie is die enigste skuldberader in die Oos-Kaap wat onder die land se top vyf beraders in die kategorie vir kleinsake-ondernemings is.

“Dit is ’n groter eer as wat ek gedink het want die krediteure het gedink ek doen my werk baie goed,” sê Zeelie.

Hy sê dit is ’n persoonlike saak as ’n mens vir skuldberading kom.

“’n Mens het jou trots en jou probleme en jou finansies werk nie altyd uit nie. Dit is nie ’n indikasie dat jy roekeloos met jou geld werk nie.

“Die oomblik wanneer jy voel jou salaris en jou uitgawes is baie naby aan mekaar moet jy kom dat ons jou help om jou skuld reg te bestuur.

“Nie wanneer jy 3 maande agter is met betalings en die popo die fan gestrike het nie, dan neem finansiële herstel soveel langer.

“Moet asseblief nie na loan sharks toe hardloop nie, dit is ’n vieslike sirkel waarin jy vasgevang word en dit vererger dinge.

“Mense het nie nodig om slegte skuld te hê voor jy na ’n skuldberader gaan nie. Al is jou skuld 100% op datum, maar jy het slapelose nagte want dinge raak finansieël tight, is dit tyd vir hulp. Dit is vir my lekker om te weet ek dra by om mense weer hoop te gee. Finansiële herstel van my kliënte laat my goed voel.

“Dit is nie net ’n werk nie, dit is meer as skuldberading, jy maak ’n verskil aan mense se lewens,” sê Zeelie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.