Tradisionele Khoi Kraal in U’hage opgerig

2019-11-28 06:01
’n Khoi Kraal by Hadidastraat 47 word hierdie naweek amptelik geopen op Uitenhage. Hier is (van links) Hoofman Petrus, Paramount Chief Gert Steenkamp, Paramount Chief Crawford Fraser, Chief Cora Hennings (voor), Chief John Sayster, Chief Jan Bekkies, professor William Simons en Chief en aktivis Christian Martin.    Foto:HEILIE COMBRINCK

’n Khoi Kraal by Hadidastraat 47 word hierdie naweek amptelik geopen op Uitenhage. Hier is (van links) Hoofman Petrus, Paramount Chief Gert Steenkamp, Paramount Chief Crawford Fraser, Chief Cora Hennings (voor), Chief John Sayster, Chief Jan Bekkies, professor William Simons en Chief en aktivis Christian Martin. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n GESKIEDKUNDIGE geleentheid vind Saterdag op Uitenhage plaas wanneer die eerste tradisionele Khoi-San Kraal amptelik geopen word.

Aan die stuur van dié tradisionele sake is Paramount Chief Gert Steenkamp wat meen die Khoi en San se insluiting in die landswapen van Suid-Afrika is ’n erkenning dat dié stam die eerste inheemse nasie van die land is.

“Dié landswapen waarop die twee Khoi en San figure verskyn, is op sewe van die belangrikste dokumente in ’n mens se lewe. Van jou geboortesertifikaat tot uiteindelik jou doodsertifikaat,” sê Paramount Chief Steenkamp.

“Vir ons as die eerste inheemse nasie, is die tradisionele wetsontwerp van die Khoi en San soos ’n pot goud. Want dit is die weg wat vir ons gebaan word sodat hierdie vergete nasie se regmatige plek weer in sy geboorteland herstel word.”

Volgens Steenkamp bied die wet op tradisionele howe, wat ten doel het om bestaande tradisionele howe in pas met die Grondwet te reguleer, sekere magte aan ’n Khoi-hoofman en -hoofvrou.

“Misdadige gedrag is dikwels ’n uitvloeisel van gebroke gesinne. Met dié tradisionele howe kan min-der ernstige misdade eerder met byvoorbeeld gemeenskapsdiens as gevangenisstraf toegepas word.

“Gemeenskapsdiens kan help om oortreders vroeg genoeg tot inkeer te bring en kan ook help met die besef van selfwaarde.

“Hier, in die Kraal, wil ons deur die toepassing van die ou Khoi- en San-tradisies, ons nasie met trots en respek sy plek in die samelewing gee,” sê Steenkamp.

Dit is ook hier wat tradisies soos Doro en die !Habab-inisiasie, waar jong seuns en meisies as manne en vroue verwelkom word, gehou sal word, sowel as die gevolglike tradisionele viering daarvan wat as Nau! bekendstaan.

Ander tradisies wat hier herleef sal word, is die viering van volmaan, waartydens aanbidding en lofprysing sal geskied terwyl om ’n vuur gedans word.

Saam met die Kraal se opening gaan daar ook ’n tradisionele seremonie vir Khoi-San kinders wees wat deur die jaar opleiding in tradisies ontvang het. Hulle is ook geleer om die volkslied in Khoi te sing.

Aktivis Chief Christian Martin sê hy is baie opgewonde oor die amptelike opening van die eerste Kraal in Uitenhage.

“Dit gaan ons kultuur oplig en laat herleef. Hier kan ons optree in ons ware wese van wie ons is as eerste inheemse nasie van hierdie land,” sê Martin.

“Dit is tyd om ons jeug se identiteit in hul kultuur te vestig. Ek glo dat meeste van die jeug se probleme opgelos kan word deur ons kultuur en rituele weer deel te maak van ons kinders se opvoeding.”

Paramount Chief Crawford Fraser is verantwoordelik vir die Khoi-kurrikulum en sê daar is vyf beginsels wat Khoi-San kinders moet leer.

“Moet nie steel nie, moet nie be-skadig nie, moet nie lieg nie, moenie langs ’n vuur sit wat jy nie gemaak het nie en as jy iets optel wat nie aan jou behoort nie, neem dit na ’n chief of ’n ouer verantwoordelike persoon.

“Dié Kraal is volgens tradisie gebou. Dit is rond met die ingang aan die oostekant vanwaar die son opkom. Dit is ’n heilige plek waar ons tradisionele leiers byeen kom om te beskik oor tradisionele sake.

“Die opening van hierdie Kraal is ’n spirituele geleentheid en vir ons ’n baken van hoop,” sê Paramount Chief Fraser.

Verskeie hooggeplaastes van regoor die land sal na verwagting die amptelike opening van dié Khoi-San Kraal in Hadidastraat bywoon.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.