Trap lig vir dié ‘nuwe intrekkers’

2020-05-07 06:02
Die wyfie dwerg-dikstertskerpioen wat in ’n huis in Vanes-woonbuurt op Uitenhage gevang is. Dié skerpioen-spesie kom van nature in die noorde van die land voor. Foto:KAREN PIENAAR

Die wyfie dwerg-dikstertskerpioen wat in ’n huis in Vanes-woonbuurt op Uitenhage gevang is. Dié skerpioen-spesie kom van nature in die noorde van die land voor. Foto:KAREN PIENAAR

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN Uitenhage se Vanes-woonbuurt is daar “nuwe intrekkers” wat hulle glad nie aan die streng inperkingsmaatreëls steur nie. In- woners van dié gebied moet maar ligtrap vir dié outjies, veral saans wanneer hulle aktief raak.

Nou gons dit op die buurtwag-WhatsApp groep oor die middernagtelike “hoogtrap” om nie deur ’n inkommer skerpioen gesteek te word nie.

Die African Snakebite Institute het intussen dié geleedpotige roofdiere op foto’s wat aan hul gestuur is, as die dwerg dikstertskerpioen ge-ïdentifiseer.

Karen Pienaar vertel hoe sy haarself ná middernag wawyd wakker geskrik het toe sy in die huis op een van dié skerpioene afgekom het.

“In die meer as 40 jaar wat ek op Uitenhage bly, is dit die eerste lewende skerpioen wat ek hier sien. So twee Desembers gelede het ek ’n dooie een vroegoggend uit die swembad gehaal. Hy was naastenby dieselfde grootte, dalk ’n bietjie donkerder van kleur.”

Pienaar het ’n foto van die skerpioen wat sy in haar huis gekry het geneem en dit aan die African Snakebite Institute vir identifikasie gestuur. Johan Marais van die instituut het dit as ’n dwerg dikstertskerpioen geïdentifiseer en bygevoeg dat die spesie van nature in die noorde van Suid-Afrika voorkom.

“Die dwerg dikstertskerpioen pas maklik in ’n nuwe omgewing aan, want die meeste van hulle is wyfies en hulle kan self voortplant en hoef dus nie met ’n mannetjie te paar om klein-tjies te kry nie. So bou hulle hul eie kolonie skerpioene in ’n nuwe omgewing op,” sê Marais.

“Die rede hoekom hulle nou ook daar op Uitenhage voorkom, is dat ’n skerpioen waarskynlik saam met vuurmaakhout uit die noorde daar aangeland het.”

Daar word ook na die skerpioene verwys as houtskerpioene omdat hulle baie gereeld houthope en boombas as hulle skuilings kies.

Volgens Marais word die skerpioen se steek met dié van ’n perdebysteek vergelyk. “Dit is nie gevaarlik nie, maar onaangenaam.”

Pienaar sê die dikstertskerpioen is “eintlik ’n vreeslike koddige skepseltjie — nie naastenby so vreesaanjaend as wat ek my voorgestel het ‘n skerpioen sou wees nie. Dis baie meer skrikwekkend om op ’n jagspinnekop af te kom.“

Pienaar het die skerpioen met ’n plastiekhouertjie en ’n deksel gevang.

“Sy was aanvanklik onwillig om te beweeg toe ek haar probeer nader hark. Na ’n bietjie oorreding het sy op die vloer geparadeer soos ’n koorleier met arms omhoog en ek het die houer bo-oor gesit en ’n vel papier onderdeur ge-stoot om haar in die houer te kry.”

Sy het die skerpioen die volgende oggend in die oop veld oorkant haar huis vrygelaat.

Dit was nie Pienaar se eerste ontmoeting met ’n grillerige spesie nie. Sy het ‘n paar jaar gelede op ’n uiters gevaarlike Kaapse kobra langs hulle huis afgekom.

“Dis heel ’n ander storie. Die skerpioentjie was duidelik nie eers bewus van my teenwoordigheid nie, maar die Kaapse kobra was dadelik op sy perdjie. Hy is ook in ’n emmer gevang en hervestig ... maar toe het ek die eksperts ingekry vir die verwyderingstaak,” sê Pienaar.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.