Tromspeler (71) onthou sy poging vir wêreldrekord

2016-05-19 06:00
=Jerome Dempsey op die voorblad van Die Oosterlig van 2 Mei 1966        Foto: DIE BURGER

=Jerome Dempsey op die voorblad van Die Oosterlig van 2 Mei 1966 Foto: DIE BURGER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vyf dae lank het hy sonder ophou tromme gespeel. Dag en nag. Elke uur ál nader aan die kans om sy naam geskryf te kry in die destydse Guinness Book of World Records.

“As jy jonk is, sien jy kans vir baie dinge,” onthou Jerome Dempsey (71) daardie poging 50 jaar gelede wat die Oosterlig se voorblad gehaal het.

“Ek is uitgedaag om Ray Duval se wêreldrekord van 100 uur, 1 minuut en 15 sekondes sat te speel agter my stel tromme.

“Hy het dié rekord in Londen se Club Bongo opgestel.”

In daardie jare was Dempsey ’n lid van Flashes, tóé die beste rock-band in die Baai. Deesdae bedryf hy sy eie musiekateljee op Uitenhage.

Maar hy onthou “daai poging” nog soos gister.

“Wayne Luck het gesê ‘Komaan, Jerome, jy kan dit doen . . . dis maklik’.

“Ek het gewonder. En toe besluit ek om die kans te waag!”

Luck het toe dadelik gereël dat dié wêreldrekordpoging in die vertoonvenster van die destydse OK Bazaar, in Port Elizabeth se Hoofstraat (nou Govan Mbeki) geskied en het verder ook gesorg vir borgskappe en mediadekking.

“Mense het saamgedrom en hulle aan my vergaap toe ek op ’n Maandagoggend om 08:00 in die winkelvenster lostrek met my tromme.

“So het dit aangehou tot die Vrydag net ná 14:00 toe die ure op 101 staan.”

Dempsey het nie geslaap nie en het nou en dan gestop om die “noodsaaklike draai” te loop.

Sy etes het hy sommer so met een hand tussendeur die tromslanery geniet. As motivering tydens Dempsey se wêreldrekordpoging het musikante deur die loop van die week, dag en nag, saam met hom musiek gemaak.

“Daar was selfs ’n telefoon vir my.

“Ek onthou die onderhoud met Radio 5 terwyl ek met een stok aanhou tromme speel. Ek was elke dag in al wat ’n plaaslike koerant was.

“Toe Wayne die 101 uur by Guinness ingee, sê hulle nee, sorry. Al die vyf minute wat ek gegee is om my draaie te loop, moes ek ingespeel het. En daar mis ek die wêreldrekord. Maar ek het die Suid-Afrikaanse rekord opgestel!”

Op ’n vraag of hy kans sien om wéér so ’n poging aan te wend, antwoord Dempsey dadelik: “Nooit nie! My gees is nog sterk, maar my vlees sal nie meer daardie tawwe dinge kan uitstaan nie.”

Deesdae bedryf Dempsey sy eie musiekateljee, Genesis Project Studio, waar hy opnames maak, hoofsaaklik vir gospelsangers. Hy is ook ’n musiekafrigter en alhoewel hy verskeie instrumente kan speel, spesialiseer hy in kitaaronderrig.

Dempsey het ook ’n kontrak met NueLight ’n musiekproduksiemaatskappy van Julita Kok, waar van sy musiek en lirieke as deel van ’n databasis tot die beskikking van nasionale sowel as internasionale sangers is.

Huidiglik sing Riana Mouton sowel as Geoff Taylor van Dempsey se liedjies.

Die huidige Guinness World Records rekordhouer vir die langste marathon-tromspelery staan agter die naam van Carlos Santos van Portugal. Hy het altesaam 133 uur en 3 minute aanmekaar trom gespeel met slegs 30 sekondes tussen snitte en beperkte blaaskanse om ’n draai te loop.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.