Twaalf gerehabiliteerde uile vrygelaat in natuur

2018-07-12 06:01
=Arnold Slabbert van Wildline hou die gerehabiliteerde gevlekte ooruile dop voordat hy hulle vrygelaat het.                                   Foto:HEILIE COMBRINCK

=Arnold Slabbert van Wildline hou die gerehabiliteerde gevlekte ooruile dop voordat hy hulle vrygelaat het. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GERUISLOOS het twaalf gevlekte ooruile skemertyd een vir een hul vlerke gesprei en uit hul skadunet-skuiling gevlieg om die vryheid van die veld te beleef.

Arnold Slabbert van Wildline - ‘n stedelike kleinwildbewaringsgroep - sê dat vir die helfte van dié uile wat nou in Nelson Mandela Universiteit se natuurreservaat vrygelaat is, is dit ‘n eerste ervaring in die wild.

“Hulle het as kleintjies by ons aangekom en is, óf deur mense opgetel óf hulle is uit neste gesteel en die mense kon nie vir hulle sorg nie. Die ander helfte was óf vergiftig óf beseer en is by ons sentrum gerehabiliteer,” sê Slabbert.

“Vergiftiging van uile het die laaste vier jaar dramaties toegeneem in die metropool. Die ergste is dat meeste van dié vergiftigde ooruile wat inkom, nie gered kan word nie en weens onder meer interne bloeding ‘n wrede dood sterf.

Maar as hulle ‘n klein dosis rottegif ingekry het, kan ons hulle behandel en staan hulle ‘n kans om dit te maak.”

Wildline het oor die jare verskeie kleinwild en roofvoëls by die NMU reservaat losgelaat. Die voëls se skuiling is verlede jaar tydens die verwoestende brande vernietig en ‘n nuwe hok moes gebou word.

“Weens die droogte het die uile langer as gewoonlik in ons hokke by Wildline gebly. Maar die plek is beperk en hulle moet nou oorleef in die wild.

“Die uile kry ‘n goeie gebalanseerde dieët en omdat hulle so lank op hok was, is dié klomp gemiddeld so 400 gram swaarder as die beseerde wilde uile wat by ons inkom.

“Al ons uile word gering en gewoonlik sit ons so tussen 7 en 8 millimeter ringe om ‘n uil se been, maar met hierdie klomp het die 8 millimeter ringe styf gesit. Hulle beenstruktuur is baie sterker weens die lang tyd en goeie dieët in die hok.”

Die uile word gemonitor en Slabbert sê uit 10 vrygelate uile kry hy gewoonlik 2 of 3 terug wat sukkel of êrens dood gevind word.

“Met jong roofvoëls wat vrygelaat word, is die sterfgetal hoog. Net die sterkes oorleef, dit is ongelukkig hoe dit in die natuur werk.

“Jong roofvoëls boet met hul lewens want hulle doen dom dinge. Die afgelope week het ek drie jong valke ingekry wat teen vensters vasgevlieg het. As dit so koud is, word hulle ontsettend honger en hulle jagvernuf is nog nie goed nie, so hulle vlieg teen drade en vensters vas,” sê Slabbert.

Die nuwelinge wat in die reservaat vrygelaat is, moes op hul eerste nag in bittere koue en ‘n sterk wind hul kos gaan jag én het waarskynlik ook die wind van voor gekry deur die gevestigde uile.

Volgens Slabbert is uile territoriaal, ge- volglik word nuwelinge nie deur die gevestigde uile verwelkom nie en maar eerder as indringers beskou.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.