Twee plaaslike Pep-winkels op dieselfde dag beroof

2020-02-20 06:02

DIE Pep-winkel op Despatch sowel as een op Uitenhage is verlede week op dieselfde dag deur gewapende rowers beroof.

Die Pep-winkel in Caledonstraat, Uitenhage, is verlede week op Maandag om 16:20 beroof.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het die rowers ’n werknemer gedwing om hulle na die bestuurder van die winkel te neem. Hulle het ’n sak geld geëis wat die winkel sou deponeer, en die geld in die kasregisters.

Die ses rowers het daarna in ’n Mazda Midge gevlug.

Oplettende polisiebeamptes het dié motor gesien en dit ná ’n kort jaagtog in Shortstraat voorgekeer.

Swart sê die insittendes het uit die motor gespring en in verskillende rigtings gehardloop, maar die polisie het drie van hulle vasgetrek.

’n Speelgoedvuurwapen is by een van die rowers gekry en die sak met die geld is teruggekry.

Die drie mans het gister op aanklag van gewapende roof in die hof verskyn.

Die polisie het hul 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel en ’n span polisiebeamptes van Uitenhage aangestel om na die res van die rowers te soek.

In ’n onverwante voorval het vier rowers op dieselfde dag, maar vroeër, om 09:25, op die Pep-klerewinkel in Despatch toegeslaan.

Swart sê die groep het ’n werknemer se selfoon en die geld in die kasregister geëis waarna hulle met kontant, ’n selfoon en ’n elektroniese toestel gevlug het.

Op ’n navraag of die polisie vermoed dat die twee voorvalle moontlik met mekaar verband hou, sê Swart die polisie ondersoek alle moontlikhede.

Brig. Ronald Koll, waarnemende bevelvoerder van die Uitenhage-polisiegebied, het die polisielede vir hul flink optrede geloof en hulle aangemoedig om alle leidrade op te volg wat tot die inhegtenisneming van die rowers kan lei.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.