Twee van Despatch sterf toe huis op plaas brand

2016-07-07 06:00
=Rudi Koertzen, internasionaal bekende krieketskeidsregter, en sy vrou, Hyla, praat oor die verlies van sy neefs, Andrew en Johan Koertzen, wat in ’n brand dood is.   Foto: WERNER HILLS

=Rudi Koertzen, internasionaal bekende krieketskeidsregter, en sy vrou, Hyla, praat oor die verlies van sy neefs, Andrew en Johan Koertzen, wat in ’n brand dood is. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Sy neefs was soos broers vir hom, het ’n bedroefde Rudi Koertzen, internasionaal bekende krieketskeidsregter, Maandag gesê.

Johan (62) en Andrew Koertzen (68) is dood in ’n brand in ’n plaashuis in die Jansenville-distrik.

“Ek het my broers in daardie brand verloor – nie my neefs nie. Om te dink ek sou dalk saam met hulle daar gewees het,” het Koertzen gesê.

Die Koertzen-broers het glo geslaap toe ’n deel van die huis Vrydagoggend omstreeks 01:00 op die plaas Witrugberg, waar hulle tuis was vir ’n jaguitstappie, begin brand het.

Volgens ao. Pierre Harmse, ’n polisie­woordvoerder, het Johan in die huis doodgebrand. Andrew het Saterdag in die Dora Nginza-hospitaal in Port Elizabeth aan brandwonde beswyk.

“Hulle het met Johan se buurman en jare lange vriend, Billy Eyre, die plaas besoek om te gaan jag,” vertel Hyla, Rudi se vrou, terwyl haar man verslae voor hom uitstaar.

“Billy het glo wakker geword van die hond se getjank. Hy het opgespring en Johan en Andrew probeer wakker maak. Johan kon glo nie wakker skrik nie. Andrew het, soos ek verstaan, in ’n brandende kamer ingehardloop toe hy probeer vlug.”

Die vermoede is dat Johan toereeds aan rookinaseming beswyk het.

“Ons het as kinders saam hier in die Swartkopsrivier geswem en gehengel. Die jag is maar deel van ons – ons het in die ou dae nie gewere gehad nie, maar ons ketties het oortyd gewerk,” onthou hy. “Ek het net verlede week vir Johan gevra wanneer vat hy my saam. Dis vreemd dat die twee so saam-saam, ’n dag uit mekaar, sou sterf. Ek kan dit nie glo nie.”

Johan se vrou, Martha, het gister in hul woning op Despatch gesê sy weet haar man sou op dié plaas wou sterf as hy ’n keuse gehad het.

“Net nie só nie. Hy het altyd gesê ons moet sy as op die Witrugberg-plaas, waar hy gereeld met Billy gekuier het, strooi as hy weg is. Dis so vreemd. Hy het verlede jaar wonderbaarlik sy kanker oorkom en kyk nou.”

Nico Eyre, die plaaseienaar en Billy se seun, het gesê dit is onduidelik wat die brand veroorsaak het. “Dit bly ’n raaisel. Daar is nie eens elektrisiteit in daardie huis nie; dit maak nie sin nie.”

Eyre het gesê hy laat dit aan die polisieondersoek oor.

“My pa het weggekom met net ’n gebreekte toon en geringe beserings, maar Andrew en Johan se dood is baie moeilik,” het hy hartseer gesê.

Volgens Harmse sal die polisie eers volgende week ’n verslag ontvang oor wat moontlik die brand veroorsaak het.

Johan laat sy vrou, Martha, sy seun, Rudolph, en dogter, Esmerelda, agter. Andrew laat sy vrou, Hettie, en twee seuns, Morné en Andrew, agter.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.