U’hage student te sien in musiek-reeks

2018-10-04 06:00
=Tyral Lee Miggels                                         foto:via

=Tyral Lee Miggels foto:via

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE top 8 deelnemers in VIA se televisie-reeks Die Kontrak is verlede week bekendgemaak en ’n borrelende onderwysstudent van Uitenhage, Tyral-Lee Miggels, is onder dié finaliste.

Aspirant-musiekster Tyral-Lee is ná ’n landwye aanlyn veldtog uit bykans 2 000 sangers gekies as een van die agt finaliste.

’n Rits uitklopkonserte word gehou met die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld as die aanbieders. Mentors Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall brei die aspirant-musieksterre vir die strawwe uitklopkonserte wat hulle week na week moet aandurf.

Oor haar deelname in Die Kontrak het Tyral-Lee gesê, “Ek het ’n passie vir musiek en dié kan my groot deurbraak wees. Dit kan so baie deure vir my oopmaak. Maar ek dink ook al die deelnemers verdien om te wen.”

Tyral-Lee se mentor is Tarryn Lamb.

’n Kennerspaneel wat bestaan uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha asook Barry Pretorius, die regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte, sal weekliks hul sê sê oor die deelnemers se optredes.

Die wenner sal op 23 November tydens Afrikaans is Groot 2018 by die Sun Arena in Pretoria aangekondig word en ’n kontrak ter waarde van R1 miljoen met Coleske Artists losslaan.

Die Kontrak word elke Woensdag om 20:00 uitgesaai op DStv-kanaal 147 met heruitsendings op Sondae om 18:00. Die JOOX-app is die amptelike stroomvennoot van Die Kontrak. - HEILIE COMBRINCK

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.