Uitenhage het glo net twee polisievoertuie

2018-07-19 06:01

NET twee polisievoertuie is glo beskikbaar om op klagtes in die hele Uitenhage te reageer.
So is daar glo aan ’n sakevrou gesê toe sy by die Uitenhage-polisiekantoor om hulp gaan vra het.
Die vrou, wat uit vrees vir viktimisasie nie haar naam genoem wil hê nie, sê sy was op Donderdag, 5 Julie omstreeks 19:40 by ’n kitsbank in Caledonstraat om geld te deponeer toe drie mans haar omring en geïntimideer het.
“Hulle het dinge gesê soos: ‘You white people, we are coming for you’, en nog ander goed ook. Ek het baie ongemaklik gevoel want wat kon ek vrou-alleen doen? Ek is dadelik polisie toe,” sê die vrou.
By die polisiekantoor het sy die offisiere aan diens gevra om haar te vergesel na die kitsbank omdat sy onveilig voel.
“’n Vrou en twee mans was aan diens. Ek moes eers die hele voorval in Engels vir hulle vertaal. Die een het gesê hy gaan winkel toe en die ander een het gesê daar is nie ’n voertuig beskikbaar om my te help nie, ek moet net wag. Toe eet sy haar aandete verder.
“Hulle het gesê daar is net twee polisievoertuie en altwee is besig.”
Die vrou sê die polisiebeamptes kon ook nie vir haar sê hoe lank sy moet wag voordat sy gehelp gaan word nie.
Intussen het haar ma in die motor gewag en was al die kontant steeds in hul besit.
Hoewel die polisie mense voortdurend waarsku om nie groot bedrae kontant in hul huise te hou nie, het die sakevrou besluit om haar kans te waag, aangesien sy nie by die polisiekantoor kon hulp kry nie.
“Wat my eintlik bang maak, is om te dink daar is net twee voertuie vir die hele dorp. Hoeveel duisende mense is daar op die dorp?”
Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die Uitenhage-polisiekantoor se voertuie was op die betrokke aand voltallig. Hy wou egter nie sê hoeveel voertuie beskikbaar is nie.
“Dit sal die veiligheid van ons beamptes en van die gemeenskap in die gedrang bring as ons die aantal voertuie wat beskikbaar is, bekend maak.”
Hy sê die polisiekantoor het genoeg voertuie en ander polisie-eenhede help ook soms deur hul voertuie beskikbaar te stel.
Nkohli sê ’n amptelike ondersoek na die voorval met die sakevrou kan begin as ’n klagte by die polisiekantoor ingedien word.
“Dit is jammer dat ons nie ’n geregistreerde klag in die stelsel onder die naam van die vrou oor die beweerde voorval kon kry nie. Maar ons sal dit waardeer as die klaer ’n klag by die polisiekantoor se bevelvoerder aanhangig kan maak sodat dit ondersoek kan word.”
Die vrou het gesê sy is wel van plan om ’n klag in te dien.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.