Uitenhage se eerste korona-geval

2020-04-09 06:02

ALTESAME 32 mense was teen Dinsdag amptelik in die Oos-Kaap met die koronavirus gediagnoseer.

In die Nelson Mandelabaai-metro was 16 mense positief getoets. Die eerste geval in Uitenhage waar iemand positief toets vir die koronavirus, is ’n 50-jarige verpleegster wat by die Dora Nginza-hospitaal werk, sê Sindiswa Gomba, Oos-Kaapse LUR vir gesondheid.

Die verpleegster het drie weke gelede, voordat die staat van inperking ingestel is, ’n begrafnis bygewoon waar meer as 100 mense teenwoordig was.

Volgens Gomba het die departement reeds begin om ander begrafnisgangers op te spoor. Die hoof van die betrokke Metodiste Kerk is genader, wat op sy beurt ’n kennisgewing uitgereik het aan diegene wat op die begrafnis was.

“Sedert ons die persone ingelig het oor die verpleegster, het talle na vore gekom om getoets te word.

“Ons het die proses van eliminasie begin en tot dusver het geen ander begrafnis- gangers positief getoets nie,” sê Gomba.

Die verpleegster is in selfisolasie by haar huis.

Die oudste persoon in die metro wat die virus onder lede het, is 87 jaar oud, en die jongste is 22 jaar oud.

Die eerste persoon wat in die Oos-Kaap met die koronavirus gediagnoseer is, is ’n 28-jarige vrou van Oos-Londen, wat na Duitsland gereis het. Die vrou word in ’n private hospitaal behandel.

. Teen druktyd was daar twee gevalle op Uitenhage aangemeld.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.