Unieke padwedloop-medalje vir atlete

2018-08-23 06:00
;’n Klein replika van die Despatch Patent steen, wat uit die laat 1800s dateer en waarmee verskeie geboue in die Nelson Mandelabaai gehou is, word vanjaar uitgegee as deel van die reeks unieke medaljes van die Despatch Atletiekklub se 10km padwedloop.                                                  Foto:KARLA POTGIETER

;’n Klein replika van die Despatch Patent steen, wat uit die laat 1800s dateer en waarmee verskeie geboue in die Nelson Mandelabaai gehou is, word vanjaar uitgegee as deel van die reeks unieke medaljes van die Despatch Atletiekklub se 10km padwedloop. Foto:KARLA POTGIETER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE tweede van ’n reeks unieke padwedloop- medaljes wat Despatch se geskiedenis uitbeeld word vanjaar by die gewilde plat en vinnige 10km padwedloop op dié dorp uitgegee.

Verlede jaar se padwedloop-medalje was ’n mini baksteen waarop die dorp se historiese skoorsteen uitgebeeld is. Dié klein kunswerk is eksklusief vir Despatch Atletiekklub gemaak deur Chere Schaup, ’n kunsstudent by Nelson Mandela Universiteit.

Vanjaar gaan atlete ’n replika van die bekende Despatch Patent stene kry wat ook deur Schaup gemaak is.

“Ons gee elke jaar ‘n ander medalje wat ’n stukkie geskiedenis van Despatch uitbeeld. Eers was dit ’n klein steentjie met ons steenoond se skoorsteen en nou ’n replika van die stene wat in dié oond gebak is,” sê Yvette Jonker van die Despatch Atletiekklub.

Despatch se oorsprong én naam is te danke aan die florerende baksteenbedryf in die laat 1800s. Die area aan rivierkant van die dorp is bekend vir sy kleigrond wat ideaal was vir bakstene van hoë kwaliteit.

Steengroef-masjinerie is uit Engeland ingevoer en in sy tyd was die Despatch Patent steengroef een van die mees gevorderde steengroewe in Suid-Afrika. Dit was ook die enigste baksteengroef in die gebied en daarom is baie van die ouer geboue in Nelson Mandelabaai met Despatch Patent stene gebou.

Die dorp se naam is afgelei van die Engelse woord “despatch” wat verwys na die stene wat vanaf ’n stasie langs dié baksteengroef na Port Elizabeth versend is. Uit volksmond is daar met tyd na die stasie as Despatch verwys. Soos die stasie dorp geword het, het dié naam gebly.

  • Die 10km Despatch Padwedloop word op 1 September aangebied en daar is ook ’n 5km pretloop. Beide items begin en eindig by die Despatch SUPERSPAR met die 10km wat om 07:00 begin en die 5km om 07:15. Inskrywings is by Despatch SUPERSPAR beskikbaar. Vir meer inligting bel Helgard Potgieter 084 606 5601.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.