Unieke slaghuis-ontwikkeling op Uitenhage

2016-08-25 06:00
Cuyler Butchery is vroeër vanjaar aangewys as die wenner van die Suid-Afrikaanse Rooivleis-industrie Forum se wenner van die Platinum Cleaver-toekenning. Dit is vir die beste slaghuis in die Oos-Kaap in die kategorie van 3 of meer kasregisters. Hier is Leon en Johanita Slabbert met die toekenning.          Foto:verskaf

Cuyler Butchery is vroeër vanjaar aangewys as die wenner van die Suid-Afrikaanse Rooivleis-industrie Forum se wenner van die Platinum Cleaver-toekenning. Dit is vir die beste slaghuis in die Oos-Kaap in die kategorie van 3 of meer kasregisters. Hier is Leon en Johanita Slabbert met die toekenning. Foto:verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“Ek is pure hoendervleis. En dit is nie omdat ek hier by die yskaste staan nie. Dit is van trots, oor ’n sakeman se keuse om sy multi-miljoen rand besigheid op Uitenhage uit te brei en nie soos ander, weg te trek Baai toe nie.”

Dit was die woorde van Gerrit de Jager, ’n omroeper by LuisterFM, met sy professie in die boubedryf, tydens die amptelike opening van Leon Slabbert se 15 miljoen rand Cuyler Butchery slaghuis-ontwikkeling op Uitenhage.

Dié slaghuis-ontwikkeling is uniek in die Oos-Kaap en bestaan uit verskillende afdelings wat elkeen onafhanklik funksioneer. So is daar ’n biltong deli, sekerlik die enigste van sy soort waar jy met connoisseur biltong én ’n ontwerper onderbroek kan uitstap, ’n ruim slaghuiswinkel met ’n seleksie kruideniers-ware, aparte produksielyne vir vark, hoender en bees/skaap en reuse koelkamers.

Cuyler Butchery het ook sy eie ontbeningsfasiliteit, ’n afdeling vir verwerkte vleise (koue vleise), verpakkings- en versendings-afdeling. Vir sy kliënte is daar ruim en veilige privaat parkering.

“Die kern van my besigheid is op die oomblik die publiek wat hier inkom om vleis te koop. As ek sê ek het ’n R8 miljoen besigheid dan is R5 miljoen daarvan danksy die voete wat hier inkom,” sê Leon Slabbert, wie se voorgeslagte ook in die slaghuisbedryf was.

“Alhoewel dié ratio vinnig besig is om te verander, is daar nie ’n manier dat ek my kliënte gaan drop om van vooraf ’n besigheid in die Baai te begin nie.

“Dit het Cuyler Butchery 25 jaar gevat om te kom waar ons vandag is.”

Sedert die sentrum in volle kapasiteit begin sake doen het, was dit vir Slabbert duidelik dat nóg uitbreiding nodig is en dat daar veral geleenthede geskep is vir nog nuwe konsep uitbreidings.

“Met 25 ton varke, op een besending, is die nuwe produksielyn (vir varke) klaar te klein. Bestellings het eweskielik begin instroom van oral af. Uit Overberg is ’n staande bestelling van 600kg spek per week geplaas, ’n vleishandelaar van Johannesburg het gehoor van ons nuwe slaghuis en 24 ton vleis bestel vir elke derde week.”

Buiten Cuyler Butchery, het Slabbert verskeie ander sakebelange in die oliefilter bedryf, kosmetiese bedryf en eiendomme. Dit is nie net op Suid-Afrikaanse bodem nie, maar ook in die buiteland.

Toekoms in slagbedryf

Slabbert sê die slaghuisbedryf is ’n goeie en belowende bedryf om in te wees, maar dat hulle sukkel om jong slagters te kry.

Vir jonges wat wel dié beroep hulle nering wil maak is daar goeie hoop, met die vooruitsig van ’n privaat slagteropleidingsentrum wat aanstaande jaar in die Baai begin.

“Ek is baie opgewonde hieroor en daarom gaan ek betrokke raak by dié sentrum. Daar is altyd geleentheid vir ’n jong outjie wat positief is en dit wil maak om bo uit te kom,” sê Slabbert.

“In Europa is 90% van die vleisverwerkingsbedryf meganies. Maar jy sit in een klein Duitse dorpie met ’n magdom van 1.3 tot 1.5 miljoen mense én dorpies is sowat 20km uitmekaar.

“Daar is byvoorbeeld ’n slagter wat net een produk, sandwidge ham, vervaardig en 35 ton per dag lewer. So, dit wys jou hulle lewer in ’n ander skaal as wat ons hier in Suid-Afrika doen.”

Vierde generasie in vleisbedryf

Slabbert is die vierde generasie wat in die vleisbedryf woeker. Sy pa was een van drie broers wat slaghuise in Uitenhage en omgewing gehad het.

“My pa was ’n goeie slagter met gróót hande. Ek dink hier is nou nog merke op my rug soos hy my gelooi het as ek iets verkeerd gedoen het. Dié klappe was hard genoeg om my alles te leer van ’n slaghuisbedryf.

“Maar nou doen ek waarvan ek hou. Dit is die sakekant van die slaghuisbedryf, bemarking, die uitbrei van nuwe produk-reekse en nuwe konsep-winkels.

“My pa het gesê jy loop voor en waag. As jy agter loop en volg - gaan jy jou lewe lank volg - en niks jou eie maak nie. En dié raad volg ek.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.