Unite Through Sport: Hier kry weerlose kinders hoop

2018-04-26 06:00
Enige kind uit omstandighede wat hom of haar benadeel, en wat toegewyd is om sy of haar sporttalent én akademiese vermoë te verbeter, staan die kans om ’n beter toekoms tegemoet te gaan met die steun van United Through Sport SA. Foto: MARISKA SPOORMAKER

Enige kind uit omstandighede wat hom of haar benadeel, en wat toegewyd is om sy of haar sporttalent én akademiese vermoë te verbeter, staan die kans om ’n beter toekoms tegemoet te gaan met die steun van United Through Sport SA. Foto: MARISKA SPOORMAKER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hier in Nelson Mandelabaai word honderde benadeelde en weerlose kinders ’n gelyke kans in die lewe deur sport gegun. Die kind se deursettingsvermoë om sy of haar sporttalent verder te ontwikkel én akademies te presteer, speel wel ’n deurslaggewende rol.

United Through Sport, ’n nie-regeringsorganisasie in Port Elizabeth, bied al die afgelope 15 jaar dié bystand aan leerlinge uit minderbevoorregte gebiede in die streek.

Nick Mould, oorspronklik van Engeland en nou permanente inwoner van Suid-Afrika, het 15 jaar gelede in sy oorbruggingsjaar na Suid-Afrika gekom om kinders in minder bevoorregte gebiede sokker te leer speel.

Gou het hy agtergekom dat daar ook ’n groot behoefte om bystand is op akademiese, kulturele en persoonlike ontwikkelingsvlak.

Mould het plan gemaak en nooit weer teruggekeer na Engeland nie.

United Through Sport SA het die lig gesien en verskeie ontwikkelingsprogramme word in talle skole in die minder bevoorregte gebiede aangebied. Vakansiekampe word ook in dié gebiede gehou.

Dit dien nie net om die kinders van die strate af te hou nie, maar ook om, nes die skoolprogramme, die beginsels van persoonlike versorging en beveiliging, die ontwikkeling van sporttalente en sosiale vaardighede, asook kulturele en kunstalente by die kinders tuis te bring.

Tydens dié programme word kinders geïdentifiseer wat sporttalent én die deursettingsvermoë het om ook op ander gebiede (onder meer akademies en kultureel) te presteer. Hulle word dan in die laaste drie grade van laerskool op sport- en akademiese gebied bygestaan. Wiskundige en Engelse geletterdheid geniet veral baie aandag.

Wanneer die hoërskooljare aanbreek, vind dié organisasie beurse vir die laerskoolleerlinge sodat hulle na ’n baie goeie hoërskool kan gaan, al is dit ver van hul huis.

“Ons het vervoer. Die kinders word elke oggend opgelaai, na ’n uitstekende hoërskool in Port Elizabeth geneem en weer afgehaal,” sê Cindy Preller, skakel­beampte van dié Baaise organisasie, ook bekend as United Through Sport South Africa.

Op hoërskool moet die kind aan minstens twee sportsoorte deelneem en die vervoer word ook daaromheen aangepas.

Op akademiese gebied word spesiale bystandsklasse gebied. “Soms is daar groot akademiese agterstande om in te haal. En onthou, ons mikpunt is om die kinders se toewyding en prestasie op só ’n vlak te kry dat hulle verder op tersiêre vlak sal studeer,” sê Preller.

Uit die 19 leerlinge wat sover op die vlak van Senior Skool van Uitmuntendheid (SSE) geslaag het, het 16 hul studie op universiteitsvlak of aan tersiêre inrigtings voortgesit.

Tans is 84 hoërskoolleerlinge van Nelson Mandelabaai in United Through Sport se SSE-program, 162 laerskoolleerlinge in die program Junior Skool van Uitmuntendheid en nagenoeg 1 400 kinders in die Massadeelnameprogram (MPP).

  • Lees alles oor United Through Sport South Africa by www.unitedthroughsport.org/south-africa-english of besoek die Facebookbladsy United Through Sport South Africa. Telefoonnommer: 041 364 0572; e-posadres: south­africa@unitedthroughsport.org.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.