Vader Kersfees skenk breë glimlagte

2016-01-14 06:00
=Nomathemba Nanto (links), Melony Charlse en Victor McHugh met hul splinternuwe glimlagte.            Foto: Deon Ferreira

=Nomathemba Nanto (links), Melony Charlse en Victor McHugh met hul splinternuwe glimlagte. Foto: Deon Ferreira

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vir die eerste keer in baie jare kon ’n vrou van Uitenhage saam aan die Kersfees-lamsboud smul.

Danksy ’n vroeë Kersgeskenk van kuns-tande meen ­Leona Lightfoot (36) kon sy op Kersdag vir die eerste keer in ’n dekade vir haar ’n vol bord vleis skep.

“En dan kan ek nog roomys ook eet, sommer twee of drie bakkies, want ek het mos nou tande om die lekker koue goed te kou,” het Lightfoot opgewonde gesê.

Lightfoot, wat weens ’n tekort aan kalsium haar laaste tand voor die ouderdom van 25 jaar verloor het, is een van die gelukkiges wat valstande vir Kersfees gekry het.

Máár die geskenk is nie deur ’n man in ’n rooi oorpak afgelewer nie, maar wel deur Ralph Meintjes, ’n tandheelkunde-tegnikus van Uitenhage, wat behoeftige mense met sy Adopt-A-Smile-projek help.

Meintjies het ook ’n Kersete vir die gelukkiges gereël. Dié vyfgangmaaltyd is in die Kelway-hotel in Somerstrand gehou.

Hier het Lightfoot haar tande in ’n stuk vleis ingeslaan en kon sy sonder haar hand voor haar mond met die ander gaste gesels.

“Dit het my weer selfvertroue gegee. Ek kan praat sonder skaamte en hou nie op met glimlag nie,” het Lightfoot gesê.

Ook Victor McHugh (44) meen hy het sy “ou lewe” weer terug, danksy sy vol stel tande.

“Mense het my geoordeel en geklas[sifiseer] as ’n tipe persoon.”

Sonder die nodige finansies het McHugh sy hoop op nuwe tande laat vaar.

“Was dit nie vir Ralph nie, was ek nou nog die ou met die gap. Maar dié Kersfees het ek ’n groot geskenk gekry. Ek word nie meer geoordeel nie én ek kan gemaklik eet. Dit was ’n wonderlike Kersfees.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.