Van stoomtreine tot elektriese motors op Wolwefontein

2019-10-10 06:00
Die eerste herlaaipunt vir elektriese voertuie wat in Wolwefontein by die Wolwefontein-hotel aangebring is.

Die eerste herlaaipunt vir elektriese voertuie wat in Wolwefontein by die Wolwefontein-hotel aangebring is.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BYKANS ’n 100 jaar gelede was die Wolwefontein-hotel op dié dorp rondom die treinstasie vir die stoomtreine van daardie tyd gebou. Vandag kan elektriese motors op dié dorpie herlaai word.

Die dorpie, digby die R75 tussen Jansenville en Uitenhage, het sowat 95 inwoners en word grootliks geken aan die plaaslike hotel wat verbygangers se dors en honger bevredig voordat hulle die Karoo uit- of invaar.

Maar dié hotel het ’n hele nuwe mark rede gegee om hier af te draai nadat ’n herlaaipunt vir elektriese motors daar aangebring is.

Marius Herselman, hoteleienaar, sê dié gerief is aangebring vir die Electric Vehicle Road Trip (EVRT) Afrika-saamtrek wat daar gehou is.

Van die elektriese motors wat deelgeneem het sluit in die BMW i3, Jaguar I-Pace en Nissan Leaf. Die motors het uit Pretoria wegtrek sal ná sowat 2 000 km vandag in Kaapstad aankom.

Luidens EVRT se verklaring word die saamtrek in samewerking met die departement van vervoer in Gauteng en Generation.e aangebied om elektroniese motors se krag en vaardighede ten toon te stel, asook om te wys Suid-Afrika is gereed om elektriese vervoer te benut.

Soos by Wolwefontein het ACDC Dynamics nog sewe herlaaipunte op dié saamtrek se roete aangebring.

“Hiermee hoop Generation.e en ACDC Dynamics om Suid-Afrikaners aan te moedig om elektriese motors te aanvaar sodat dit die aanbring van nog herlaaistasies landwyd kan regverdig,” het Ben Pullen, Generation.e se uitvoerende hoof, gesê.

Suid-Afrika het tans sowat 120 openbare herlaaistasies, waarvan die meeste in Gauteng is.

“Die voordele sluit in die vermindering van lugbesoedeling en koolstofvrystelling, die vermindering van brandstof- en instandhoudingskoste vir verbruikers, terwyl ’n nasionale kopskuif na slimmer mobiliteit en ’n groener ekonomie bevorder word,” het Pullen in ’n verklaring gesê.

Intussen het Herselman die permanente herlaaipunt by sy hotel verwelkom en sê afhangende van die aanvraag in die toekoms sal hy dit oorweeg om in ’n tweede stasie te belê.

Tans kan die herlaaistasie twee motors tegelykertyd herlaai.

’n Herlaaityd van sowat 30 minute sal genoeg wees om ’n motor van Wolwefontein na Port Elizabeth, sowat 130 km verder, te neem, het Herselman gesê.

Hy sê daar was al voorheen gaste wat navraag oor ’n elektriese herlaaistasie daar gedoen het.

“Die gaste kan nou hul elektriese motors herlaai terwyl ek hulle met lafenis bedien. Dis ’n wen-wen-situasie.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.