Verkragtings en gesinsgeweld woed voort

2018-12-20 06:00
=Monique Haven vrywilligers (voor van links) Fezeka Ngabom, Linda Baartman en Elma Saalman. Agter van links is Michelle Jansen, Jeanette Mpondu, Danny Jacobs en Louisa Williams.                 Foto:HEILIE COMBRINCK

=Monique Haven vrywilligers (voor van links) Fezeka Ngabom, Linda Baartman en Elma Saalman. Agter van links is Michelle Jansen, Jeanette Mpondu, Danny Jacobs en Louisa Williams. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE wrede verkragting en moord op Mo- nique Barendse, ’n 4-jarige meisie van Reservoir Hills, het 16 jaar gelede skokgolwe deur die hele Despatch gemeenskap gestuur. Tot vandag toe, is niemand in verband met haar verkragting en moord aangekeer nie.

“Wie weet, hy loop dalk nog hier in ons gemeenskap rond?” sê Elma Saalman, stigters-lid van Monique Haven, ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie om verkragting-slagoffers sowel as slagoffers van geweld by te staan.

“Die onheilighede gaan aan en word net erger. Daar is meer en meer mense wat vir kwaadgeld rondhang en dwelms doen.

“Daarby is die wet nie regtig aan die verkragtingslagoffers se kant nie, strawwe is te lig en howe hanteer soms dié slagoffers asof hulle die oortreders is,” sê Saalman.

Monique se ma kon haar eerste en enigste kind se moord nie verwerk nie en het haar drie jaar later dood getreur.

“Ons kon dit nie net so laat nie. Die wreedheid teenoor so ’n kleine ou meisietjie laat jou hare rys.

“Ons het eers elke jaar ’n optog gehou vir Monique, maar dit het ou wonde oopgekrap. Toe besluit ons om eerder ’n plek te begin waar ons mense wat hulp nodig het, dag of nag ... regdeur die jaar, kan kom aanklop,” sê Saalman.

Sy het saam met nog ’n vrou uit die gemeenskap, Linda Baartman en die destydse skoolhoof van Despatch Primêr, Danny Jacobs, Monique Haven in 2013 begin. Deesdae het Monique Haven ses opgeleide veldwerkers wat saam met die departement van sosiale welsyn werk.

“Mense kom met enige probleem na ons toe, selfs as hulle ’n waterlek by hulle huise het!

“Ons kan mos nie sê ‘nee ons werk net met verkragtings nie’, as iemand hulp nodig het, moet ons help.”

Statistiek van Monique Haven oor die afgelope twee jaar wys dat hulle 4 400 sosiale euwel voorvalle hanteer het waarvan 3 600 huishoudelike geweld was.

16 Dae van aktiviste is te min

Danny Jacobs sê dit is jammer dat die gemeenskap waarbinne Monique Haven diens doen, nie gewillig is om die instansie te ondersteun nie.

“Maar wanneer daar ’n probleem is verwag hulle ons moet dadelik help!

“Dit is juis wanneer ’n gemeenskap saamstaan dat jy sosiale euwels effektief kan aan-spreek. Al kry ons nie die nodige ondersteuning nie, sal ons voortgaan om te help waar ons kan,” sê Jacobs.

Hy meen dat die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders geen effek het nie.

“Mense wat aan dié veldtog gehoor gee is gewoonlik wetsgehoorsame burgers. Dié wat hulle skuldig maak aan geweld voel niks vir bewusmakingsveldtogte nie.

“Persoonlik dink ek in elk geval 16 dae het geen impak. Dit is ’n ingesteldheid wat 365 dae van die jaar aandag moet geniet,” sê Jacobs.

Monique Haven is betrokke by algemene welsynstake in die gemeenskap van Reservoir Hills soos bystand met welsyntoelaes, tuisversorging, bystand aan TB-lyers en die verkryging van geboortesertifikate en ID-boekies.

  • Vir meer inligting oor Monique Haven bel Elma Saalman by 074 331 8823 of Danny Jacobs by 084 246 1281
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.