Verpleegster vereer vir 30 jaar diens

2018-06-21 06:02
=Netcare Cuyler Hospitaal stafverpleegster Michelle Fourie (naaslinks) is vanjaar 30 jaar in diens van die Netcare Hospitaal-groep. Hier is sy saam met Gert Opperman (Netcare Cuyler Hospitaal personeelbestuurder), Victor Mutle (Netcare Cuyler Hospitaal: algemene bestuurder) en Tarryn Vermaak (Netcare Cuyler Hospitaal bemarker).  Foto:HEILIE COMBRINCK

=Netcare Cuyler Hospitaal stafverpleegster Michelle Fourie (naaslinks) is vanjaar 30 jaar in diens van die Netcare Hospitaal-groep. Hier is sy saam met Gert Opperman (Netcare Cuyler Hospitaal personeelbestuurder), Victor Mutle (Netcare Cuyler Hospitaal: algemene bestuurder) en Tarryn Vermaak (Netcare Cuyler Hospitaal bemarker). Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE passie om siekes en swakkes te versorg is die afgelope 30 jaar die dryf vir stafverpleegster Michelle Fourie (51) om getrou op haar pos te wees.

Netcare Cuyler Hospitaal op Uitenhage het verlede week erkenning gegee aan Michelle. Sy is die afgelope 12 jaar daar werksaam en was voorheen vir 18 jaar verbonde aan Netcare Greenacres Hospitaal.

“Om 30 jaar diens te lewer is ’n prestasie. Maar as dit by dieselfde maatskappy is, is dit net soveel meer van ’n uitsonderlike prestasie,” sê Gert Opperman, Netcare Cuyler Hospitaal se personeelbestuurder.

Michelle is soos ’n ware Florence Nightingale, wat ’n geruste hart bied vir pasiënte wat gespanne hul beurt moet afwag om die operasiesaal ingestoot te word. Sy werk in die voortoelatings-afdeling vir die afgelope 10 jaar. Dit nadat sy in 1988 as groentjie-verpleegster haar kennis begin opdoen het in die chirurgie-afdeling by Netcare Greenacres Hospitaal.

“Ek geniet dit verskriklik om die teatergevalle te sien voordat hulle ingaan vir ’n operasie. Voortoelatings is my lewe. Ek hou van mense. Elkeen is so anders maar tog so eenders in hul bangheid voor ’n operasie,” sê Michelle.

“Daar is baie mense wat vreeslik bang is vir operasies. Dan praat ek sommer oor allerhande dinge en so praat ek hulle skoon uit hul bangheid uit.”

Sy vertel dat verpleging, in die dae toe sy begin het, baie harder werk was.

“Jy moes alles doen, van panne en slobemmers skoonmaak tot beddens was. En as jy ’n bed moes was beteken dit jy moes tot die wieletjies was. Nou is daar algemene assistente wat die skoonmaakwerk doen en verpleegsters sien hoofsaaklik om na pasiënte.”

Michelle sê haar lewenleuse is “wees net jouself en straal jou liefde uit na ander.”

Sy is ’n gebore Uitenhager, maar woon deesdae op Despatch.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.