Versorgers is reg om te help

2019-08-01 06:00
=Hierdie tuisversorgers het hul ses maande kursus by ACVV Aandmymering tehuis vir senior persone suksesvol voltooi. Voor van links is Angelique Meintjies, Emmerencia Norman, Mable Swarts en Eliza de Boer. Agter van links is suster Bekka du Toit, Aneta Petersen, Tasneem Fredericks, Maureen Esau, Veronique Delport, Elmoray Jansen, Nadia Steenkamp en suster Catrien Marais.                                     Fotos:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Tuisversorgers wat verswaktes of bejaardes in hul eie wonings versorg is ’n groeiende behoefte in die gemeenskap.

Om in dié behoefte te voorsien, word daar 6-maande kursusse in tuisversorging aangebied op Uitenhage by ACVV Aandmymering tehuis vir ouer persone.

Susters Bekka du Toit en Catrien Marais is in beheer van die opleiding. ’n Groep van 19 tuisversorgers het verlede Vrydag hul sertifikate ontvang na die suksesvolle voltooiing van die kursus. Hulle is nou gereed om in die gemeenskap van diens te wees.

Tuisversorgers vervul ’n belangrike rol in die lewe van bejaardes wat verkies om in die veiligheid en gemak van hul eie wonings versorging te ontvang.

Hul besoeke hang af van individue se behoeftes en toestand. Die minimum tydperk is 5 ure per dag en hul verskaf ook 24 uur versorging.

Tuisversorgers help ook persone met Alzheimersiekte en demensie wat nog in hul eie woonplekke is.

Die versorgers wat hulle kursusse suksesvol voltooi het en prakties by ACVV Aandmymering gedoen het, word uitgeplaas vir tuisversorging en werk ook as saalhulpe.

  • Mense wat belangstel om in te skryf vir die kursus of meer wil uitvind oor tuisver-sorgers kan Amanda Croukamp bel by 041 992 1510.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.