Vleitaal vleisverkoper bedrieg mense

2018-11-22 06:02

’n VROU wat met vleitaal inwoners van Uitenhage en Despatch oorreed om “goedkoop” vleis, kaas en melk by haar te koop, het reeds duisende rande met dié slenter in haar sak gesteek.

Polisiewoordvoerder kaptein Gerda Swart sê, “daar is mense wat liggelowig is en as hulle hoor items soos vleis, melk of kaas is baie goedkoop, is hulle ore gespits en verloor hulle hul sin vir goeie oordeel.”

Volgens kapt. Swart het die middeljarige vrou Sondag, 11 November omstreeks 20:00 by ’n huis in Caledonstraat, Uitenhage, toegeslaan.

“Sy is met R600 kontant daar weg sonder dat die koper die vleis, melk en kaas ontvang het.”

In ’n voorval op Maandag, 19 November het vermoedelik dieselfde vrou in Despatch toegeslaan en met haar vleitaal R1 100 ge-vat sonder dat sy die vleis aan die kopers oorhandig het.

Volgens kapt. Swart is die vrou se modus operandi dat sy by huise opdaag, oënskynlik baie van die inwoners se doen en late weet, oorvriendelik optree en intimiderend mense oorreed om goedkoop vleis, melk of kaas by haar met kontant te koop. Nadat sy die geld ontvang het verlaat sy die huis om blykbaar die items te gaan haal, maar verdwyn dan met die kontant.

’n Saak van diefstal onder valse voorwendsels is by die Uitenhage polisie gemaak. ’n Beroep word gedoen op mense wat ook onder die slenter deurgeloop het om ’n saak by hul naaste polisiekantoor te gaan maak. - HEILIE COMBRINCK

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.