VLV hoor meer oor hidrouliese rotsbreking

2017-10-05 06:00

Die VLV Carpe Diem-tak nooi belangstellendes uit na hul volgende vergadering waar daar gesels gaan word oor hidrouliese rotsbreking.

Professor Anton de Wit van Nelson Mandela Universiteit is die gasspreker.

Hy het vir jare navorsing gedoen oor hidrouliese rotsbreking (fracking) in die Karoo . Prof. De Wit sal sy bevindinge deel.

Dit beloof om ’n baie interessante gesprek te wees.

Hidrouliese rotsbreking is ’n kontroversiële manier om gas te myn en dit is van belang vir die publiek om hieroor ingelig te wees, veral vir inwoners van die Oos-Kaap.

Die VLV vergadering oor hidrouliese rotsbreking word op Donderdag, 12 Oktober om 09:30 by die NGK Winterhoek-kerksaal gehou. Die saal is op die hoek van Malansingel en Langenhovenstraat.

  • Diegene wat belangstel om die vergadering by te woon kan vir Joey Fourie bel by 082 824 7986 of Marietjie van der Walt 082 550 0887. Bywoning is gratis.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.