VLV sê ‘dankie vir doppies’

2019-05-30 06:01
;Marietjie van der Walt by van die duisende doppies wat die publiek en skoliere opgetel en ingehandig het ter ondersteuning van die VLV se Ruim op! projek.      Foto:HEILIE COMBRINCK

;Marietjie van der Walt by van die duisende doppies wat die publiek en skoliere opgetel en ingehandig het ter ondersteuning van die VLV se Ruim op! projek. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PLASTIEK is die grootste vernietiger van seelewe in oseane wêreldwyd en een van die grootste besoedelings op aarde.

Daarom is Ruim op! vanjaar die projektema van VLV Kaapland met die doel om die gevare van besoedeling teen te werk en herwinnings- projekte te ondersteun.

Die plastiek-sondebokke is veral koeldrankdoppies, strooitjies, stokkie-lekker-stokkies en oorpluisiestokkies.

VLV Carpe Diem het die publiek versoek om deel te word van die projek en duisende doppies is reeds aan dié VLV-tak oorhandig.

“Dit neem ’n doppie ongeveer 100 jaar om te disintigreer en dan is dit nogsteeds deel van die aarde,” sê Marietjie van der Walt van VLV Carpe Diem-tak.

“Ons wil graag hê dat mense van Uitenhage en Despatch bewus moet raak van plastiek wat die omgewing se grootste besoedelings-probleem is.

“Baie dankie aan al die individue en elke skoolkind wat reeds duisende doppies ingegee het vir herwinning. Elke doppie tel!”

Koeldrankdoppies moet in 2 liter koeldrankbottels gegooi word deur ’n klein opening bo teen die bottel se rand te sny.

Vir elke 2 liter koeldrankbottel vol doppies wat by die herwinningsfabriek ingehandig word, word R1 geskenk aan ’n instansie wat omsien na vroue en kinders wat slagoffers is van seksuele misdade.

Herwonne plastiekdoppies word gebruik vir die vervaardiging van tuinmeubels, loopplanke en verskeie ander items.

  • Spesiale dank aan Brian Timm van Uitenhage en West End primêre skool vir die duisende doppies wat ingehandig is.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.