VLV-tak in Uitenhage wen drie jaar in ry

2019-04-25 06:00
=VLV Carpe Diem op Uitenhage is vir die derde agtereenvolgende jaar as VLV Sirkel Middelland se beste VLV-tak aangewys. Hier is lede van die tak (agter van links) Dianne Oosthuizen, Lynette Gouws, Julia van der Westhuizen, Queenie Els, Adelle Gascoyne, Laurinda Samson en Belinda van der Bergh. Tweede ry: Cathy Boucher, Jenny Watkins, Gene Crause, Anien Minnie, Ester Botha, Adelene Burger, Wanda Bezuidenhout. Voor is Marie Niemand, Marietjie van der Walt, Elsje Ferreira (voorsitter), Hannelie Low (president: Sirkel Middelland). Foto:HEILIE COMBRINCK

=VLV Carpe Diem op Uitenhage is vir die derde agtereenvolgende jaar as VLV Sirkel Middelland se beste VLV-tak aangewys. Hier is lede van die tak (agter van links) Dianne Oosthuizen, Lynette Gouws, Julia van der Westhuizen, Queenie Els, Adelle Gascoyne, Laurinda Samson en Belinda van der Bergh. Tweede ry: Cathy Boucher, Jenny Watkins, Gene Crause, Anien Minnie, Ester Botha, Adelene Burger, Wanda Bezuidenhout. Voor is Marie Niemand, Marietjie van der Walt, Elsje Ferreira (voorsitter), Hannelie Low (president: Sirkel Middelland). Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Vroue Landbouvereniging se Carpe Diem-tak op Uitenhage is as die algehele wenner uit 14 VLV-takke aangewys tydens Sirkel Middelland se 85ste konferensie.

Dié vyfster swier-geleentheid is by die Sun Boardwalk-konferensiesentrum aangebied deur VLV Aqua-tak.

Volgens VLV Carpe Diem voorsitter, Elsje Ferreira, is dit dié tak se derde agtereenvolgende jaar dat hulle as Sirkel Middelland se wen-tak aangewys word.

Die VLV se tema vir die jaar is “Laat ’n Voetspoor” ten opsigte van die bewaring van die aarde, instandhouding van goeie verhoudinge en die omsien na ’n gesonde liggaam en gees.

By die konferensie is daar 34 trofeë tydens die prysuiteling oorhandig. VLV Carpe Diem het die meeste punte verwerf in die VLV-kompetisies met VLV Alexandria in die tweede plek.

VLV Carpe Diem ontvang ’n totaal van 9 trofeë vir 5 eerste plekke, 2 tweede plekke en 2 derde plekke.

Dié trofeë is vir die tak se uitstaande gebak, gebottel, blommekuns, borduurwerk, hekelwerk, breiwerk en meeste punte. Daarby word hulle aangewys as die algehele wenners en as die tak met die mees innoverende projek.

“Dié innoverende projek is ons ‘palmpoppies’. Ons het palmpoppies met oorskietwol gebrei vir kinderslagoffers van seksuele misdade of mishandeling,” sê Ferreira.

Dit word “palmpoppies” genoem omdat ’n poppie presies in die handpalm van ’n kind pas. Die palmpoppies gaan onder meer aan die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe ge-skenk word. Daar is spesifiek 85 van dié poppies gebrei omdat dit vanjaar VLV Kaapland se 85ste bestaansjaar is.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.