VLV-vroue maak ’n draai by museum

2018-05-10 06:00
=Vroue van die VLV Carpe Diem-tak het onlangs die Cuyler Manor plaasmuseum buite Uitenhage gaan besoek.                                              Foto:VERSKAF

=Vroue van die VLV Carpe Diem-tak het onlangs die Cuyler Manor plaasmuseum buite Uitenhage gaan besoek. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VROUE van die Vroue Landbouvereniging se Carpe Diem-tak het onlangs besoek gaan aflê by Cuyler Manor, wat deel is van die Uitenhage Museum.

Volgens Marietjie van der Walt van dié tak was dit vir die vroue ‘n aangename verrassing om die interessante museum op die dorp se voorstoep te besoek.

“Rosy was die beste toergids wat ons nog teegekom het. Sy het eers vir ons verduidelik hoe die ou werf vroeër gelyk het en vertel van die bokkraal en die bokoppasser, hoe daar rieme gebrei is, hoe die put gewerk het,” sê Van der Walt.

“Ja en dan is daar in die ou dae turksvy-mampoer gestook en die doringoortrekte turksvyvrug is ook gebruik om konfyt te kook en van die turksvyblaaie is ’n heerlike soetkerriegereg, Napolitos, gemaak. Glo my, groenbone se eweknie in smaak.”

Rosy het een van die VLV-vroue aangetrek soos in die ou dae, uitgevat in ’n lang rok met onderrok, voorskoot, kappie en al. Sy het die res van die vroue namens “Ouma Cuyler” by die Kaaps-Hollandse huis se voordeur ontvang.

Die vroue is deur die huis geneem en al die antieke ware in die verskillende vertrekke is uitgewys en hul stories is vertel.

Rosy het breedvoerig aan die vroue verduidelik en gedemonstreer hoe om ‘n kers te maak.

“Dit was ’n genoeglike en verrykkende besoek en ons kon met deernis terugdink aan ons voorgeslagte wat niks weggegooi het nie maar alles verwerk het om liggaam en siel aanmekaar te hou.

“Hulle moes die winters sonder elektrisiteit trotseer, daarvoor was die bulsak en al die slim uitgedinkte planne daar.

“Miskien, net miskien, moet ons weer een-dag ons eie kerse begin maak,” sê Van der Walt.

Rosy het die VLV-vroue ook onthaal met heerlike varsgeroosterde roosterkoek met tee en koffie. - VERSLAGGEWER

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.