Voedselfees: ’n bietjie van baie is lekker

2017-10-19 06:00

’n Bietjie van baie is lekkerder as baie van ’n bietjie ... en juis dit maak die Voedsel- en Gemmerbierfees op Despatch so lekker!

Hier kan jy proeseltjies van ’n verskeidenheid geregte geniet en jou trommeldik eet terwyl daar gesellig saamgekuier word.

“Die plan is dat ’n mens teen R5 ’n skep vir jou kies van wat en soveel skeppe as wat jy wil. En ons R5-skeppe is ordentlike skeppe, daar word nie afgeskeep nie. Een skep is omtrent vier happies,” sê Adri Stander, ’n organiseerder van NGK Despatch-Suid se Voedsel- en Gemmerbierfees.

Op die spyskaart is daar ’n lang lys van geregte en slaaie en poedings. Daar is ook tuisgebroude gemmerbier te koop.

  • Die publiek word uitgenooi om saam te kuier by die Voedsel- en Gemmerbierfees wat op Vrydag, 27 Oktober vanaf 17:30 gehou word by die NGK Despatch-Suid kerksaal. Vir meer inligting bel Catrien by 041 933 3432.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.