Vragmotordrywer vas oor steel van vrag

2020-03-19 06:06

’n VRAGMOTORBESTUURDER is in hegtenis geneem nadat hy glo vrywillig langs ’n verlate pad stilgehou het vir twee diewe om sy vrag te stroop.

Benewens die sowat R25 000 se goedere wat van die vragmotor af gesteel is, het die boewe blykbaar ook nog sowat 50 liter se diesel uit die brandstoftenk getap.

Die bestuurder, wat goedere vir Spar-kettingwinkels in verskeie plekke oor die Oos-Kaap heen sou aflewer, is verlede week op Dinsdagaand omstreeks 18:30 by sy vragmotor langs Dedisa-weg in Coega deur polisiebeamptes van die Kinkelbos-polisiekantoor opgemerk.

Volgens kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, is twee mans gesien wat goedere van die vragmotor af na ’n Peugeot-motor daarnaas oorlaai. Toe die polisielede omdraai, het die vragmotor en motor dadelik begin wegry, maar die polisie kon hulle voorkeer.

Altesaam 12 blikke babaformule, 54 blikke koffie, asook die twee 25 liter-dieseltenks is in die motor gevind.

Beetge sê die vragmotorbestuurder is saam met die twee mans in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde goedere.

Oor die afgelope paar maande het die betrokke polisiegebied ’n styging in vragmotorkapings ervaar.

Volgens Beetge word gekaapte vragmotors in die meeste gevalle gou gevind nadat ’n saak aangemeld is, maar meestal sonder hul vrag.

Genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-polisiegebied, het gesê die polisie vermoed in baie gevalle dat die vragmotorbestuurders kop in een mus met die misdadigers is wat die goedere steel. Valse kapingsake word dan aangemeld.

“In sommige gevalle het ons die bestuurders saam met hul medepligtiges aangekeer, en daar word nog baie sake ondersoek waar ons vermoed ’n soortgelyke modus operandi gevolg is.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir enige verdagte gedrag waar vragmotors op ongewone plekke goedere aflaai, en dadelik die polisie daarvan in kennis te stel.”

’n Ondersoek is ook onderweg na winkels waar die vermoedelik gesteelde goedere verkoop word.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.