Vreemde deurskynende ‘ding’ in drinkwater

2017-03-30 06:02
=Die deurskynende jellie-agtige organisme op die teelepel het in Morné Els se koffie gedryf.

=Die deurskynende jellie-agtige organisme op die teelepel het in Morné Els se koffie gedryf.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die eerste koffie van die dag was Maandag ’n nare gevoel vir ’n inwoner van Despatch toe hy ’n vreemde jellie-agtige “wurm” in sy beker sien dryf.

Morné Els sê ’n mens kyk mos gewoonlik nie in jou koppie terwyl jy jou koffie roer nie want jy is so haastig om dit te drink.

“Maar hierdie keer het ek regtig gesit en vir ’n slag gekyk toe ek my koffie roer. Ook maar gelukkig. Want toe ek so kyk, toe sien ek maar my magtig, hier dryf mos ’n snaakse ding in my koffie.

“Dit het gelyk soos ’n deurskynende larwe gedrog. Ek het dit met ’n teelepel uitgehaal en die storie bekyk,” sê Els.

Wat vir hom meer grillerig was, is dat die organisme, nadat dit in die ketel gekook is, steeds beweeg het toe dit in die teelepel lê.

“Dit lyk na ’n vreeslike ongesonde ding. Wat is dit? Kan ’n mens siek word as jy dit inkry?” wou Els weet.

Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder het gesê die resultate van bakteriese-toetse van Despatch se drinkwater die afgelope twee weke, is alles binne die aanvaarbare SANS 241 kwaliteit-toets vir drinkwater.

“Die ‘wurm’ is heel moontlik ’n ry eiertjies in ’n beskermde laag. Dit is onwaarskynlik dat dié eiertjies in die vorm wat dit is, die chloor-vlakke en watertoevoerdruk sou oorleef.

“Ons het in die verlede sulke klagtes ondersoek en tot die slotsom gekom dat ’n insek dalk in die kraan kon opkruip en daar eiers gelê het wat dan uitgespoel het sodra die kraan oopgedraai word,” het Mniki gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Africa
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.