Vrou maak materiaalsakke vir herwinningsprojek

2019-08-15 06:01
Queenie Nel het materiaalsakke gemaak vir die kinders wat die Mula-herwinningsprojek ondersteun. Sy is nou besig om handskoentjies vir die kinders te brei. Foto:HEILIE COMBRINCK

Queenie Nel het materiaalsakke gemaak vir die kinders wat die Mula-herwinningsprojek ondersteun. Sy is nou besig om handskoentjies vir die kinders te brei. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PLASTIEK sorg vir die grootste besoedeling op Uitenhage sowel as in die Swartkopsrivier. Daarom was dit logies om materiaalsakke in plaas van plastieksakke aan kinders te gee wat die Mula-herwinningsprojek ondersteun.

Dié gebaar om 107 materiaalsakke te maak en uit te deel is aangepak deur Queenie Nel.

“Ek het gesien hoe die kindertjies met hulle armpies vol kos of met stukkende plastieksakke terugstap huistoe en gedink, maggies ... ek het so baie materiaal, laat ek eerder vir hulle daarvan sakke maak,” sê Queenie Nel, wat as lid van die Uitenhage VLV ’n draai by die Mula-herwinningsprojek gemaak het om te sien wat daar gebeur.

“Ek het nog 67 sakke gemaak en daar is nog 18 wat ek moet klaarmaak wat ook Mula toe gaan.”

Quinette Goosen van die Mula-herwinningsprojek sê Queenie se materiaalsakke is in lyn met Mula se doelwit om plastiekverbruik te verminder.

“Sy is ’n regte omgee-mens en iemand wat nie wag dat daar vir haar gevra word om betrokke te raak nie. Sy het die behoefte gesien en iets daaraan gedoen,” sê Quinette.

“Haar gebaar is vir my ’n bewys dat Mula ’n projek is wat die betrokkenheid van ’n hele gemeenskap nodig het. Saam moet ons die taak aanpak om skoon te maak, te herwin en in die proses hierdie kinders te help om ’n maaltyd te kry sowel as kos, klere of items vir hulle skoolwerk.”

Queenie sê “die Here gee so baie vir ’n mens, so ek kan gee. Ek het nie geld om te gee nie, maar ek kan van myself gee om ’n positiewe verskil te help maak.”

  • Die Mula-herwinningsprojek is elke Woensdag by Allanridge-gemeenskapsaal vanaf 13:00 tot 16:00.

Die publiek is welkom om enige herwinbare items of skenkings op ’n Woensdagmiddag na die saal te bring.

Vir meer inligting bel Quinette Goosen by 082 846 3327.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.