VW vlugbalspan wen Burgemeesterstrofee

2019-02-14 06:01
<VW Vlugbal se wenspan (van links) Sparrow Maarman (afrigter), Peter Size (kaptein), Rashid Jappie, Cheslin May, Cheslyn Barends, Shaun Diedericks, Luwayne Uithaler en Johnathan Boesak.     Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VOLKSWAGEN Vlugbalklub se mansspan is vanjaar gekroon as die kampioenspan van die 2019 Burgemeesterstrofee kompetisie.

In die vroue-afdeling was dit die span van Nelson Mandela Universiteit wat net te goed was vir die res.

“Die dames-finaal het vir goeie vermaak gesorg. NMU se uitgeslape afrigter, Bakir Jallil, het sy span net te veel skietgoed geleer vir hulle opponente en VW Vlugbal se dames het tweede gekom,” sê Andrew Prins van die Nelson Mandelabaai Vlugbalunie.

Dit was veral NMU se Phuti Kgodu en Thabile Chiloane wat uitblinkers was vir hulle span.

Die grootste opwinding was die kragmeting in die mansfinaal tussen Volkswagen en Gelvandale vlugbalklubs.

“Dié wedstryd is oor 5 stelle beslis en het spel van hoogstaande gehalte opgelewer. Hulle was kop aan kop tot in die finale stel,” sê Prins.

“Maar die akkurate aangeewerk van Luwayne “Gaza” Uithaler het gesorg dat puik aanvallers soos Cheslynn May en Rashid Jappie ’n handvol was vir hulle opponente.

“Gelvandale het nie teruggestaan nie. Onder aanvoering van hulle inspirerende kaptein Gustav le Roux, het spelers soos Ashley Daniels, Basheer McCarthy en Samir Bently punt vir punt teruggeveg en in die wedstryd gebly,” sê Prins.

Die finale stel was deurslaggewend met die Volkswagen-manne se ondervinding en wringkrag wat die deurslag gegee het.

“Vlugbal het geseëvier en vir goeie vermaak gesorg wat toeskouers in groot getalle gelok het. Dankie aan al die ondersteuners. Saam maak ons vlugbal weer groot in Uitenhage,” sê Prins.– HEILIE COMBRINCK

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.