Wag by hek van Addo-park aangeval

2020-02-20 06:00
Die hoofingang van die Addo Nasionale Olifantpark.                  Foto: Argief

Die hoofingang van die Addo Nasionale Olifantpark. Foto: Argief

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n VEILIGHEIDSWAG is by ’n ingangshek van die Addo Nasionale Olifantpark aangeval.

Twee mans het die wag verlede week op Dinsdagaand omstreeks 20:00 by die park se afgeleë Potgietershek in Addo Heights-weg oorrompel.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die twee aanvallers het in ’n rooi Toyota Tazz by die hek opgedaag. Een van die mans het ’n vuurwapen uitgehaal en die tweede man was met ’n mes gewapen. Hulle het die wag gedreig en sy vuurwapen geëis.

Volgens Fayroush Ludick, streeksbestuurder van kommunikasie vir Sanparke, is die betrokke wag ’n werknemer van ’n private veiligheidsmaatskappy wat aangestel is om die park se hekke te beman, en hy was nie gewapen nie. Niks is by die veiligheidswag gevat nie, maar hy is aangerand en in albei sy hande gesteek.

Kinana sê die wag het toe weggehardloop en die polisie ontbied.

Ludick sê die wag is tans in die hospitaal. Sover sy weet was dit die eerste voorval waar een van hul hekwagte aangeval is. Sy vermoed die aanvallers het gehoop om ’n vuurwapen te roof, maar ’n volledige ondersoek na die voorval sal gedoen word.

’n Saak van poging tot roof word ondersoek en niemand is nog aangekeer nie.

  • Kinana het die gemeenskap versoek om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul soektog kan help. Enigeen met inligting kan ao. Gert Lloyd by 082 441 7906 bel.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.