Waterlekke: 5 938 lekke herstel in 3 maande

2018-04-19 06:01
Ter illustrasie. Foto: Argief

Ter illustrasie. Foto: Argief

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BYKANS 6 000 waterlekke is in die eerste drie maande van vanjaar in die Nelson Mandelabaai-metro herstel.

Die meeste van die waterlekke het in Uitenhage, Despatch, Newtonpark, Sydenham, Motherwell en New Brighton voorgekom.

Masixole Zinto, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en ingenieurswese in die metro, sê 5 938 waterlekke is herstel en die loodgieters het ook daarin geslaag om die hersteltydperk te verkort.

“As ’n waterpyp bars, word dit gewoonlik binne 48 uur herstel. Afhangende van hoe groot die waterlek is, het dit voorheen tot en met 21 dae geneem om die herstelwerk te voltooi.”

Hy sê in hul poging om water te help bespaar het die metro van sy eie loodgieterspanne, asook private kontrakteurs gebruik gemaak om die lekplekke vinnig te herstel.

“Ons het ons toegespits op die herstel van waterlekke en danksy oplettende inwoners wat probleme aanmeld, het ons reeds ’n verskil in die waterverbruik gesien,” sê Zinto.

Hoewel die gewenste gemiddelde watergebruik 250 megaliter per dag vir die metro is, word ’n gemiddeld van 280 megaliter per dag steeds oor die metro heen gebruik.

“Inwoners moet steeds baie spaarsamig met water werk en terselfdertyd hul oë oophou vir enige waterlekke sodat daar nie ’n druppel vermors word nie.”

Die metro se gesamentlike gemiddelde damvlakke het verlede Vrydag op 24.21% gestaan.

  • Om waterlekke aan te meld, bel die metro by 0800 20 50 50.

-CARA-LEE DORFLING

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.