Waternood: Damvlakke laagste in agt jaar

2018-01-11 06:00
Die watervlakke van die Nelson Mandelabaai-metro se damme is op 26,94% die laagste in agt jaar. Foto: MEDIA24

Die watervlakke van die Nelson Mandelabaai-metro se damme is op 26,94% die laagste in agt jaar. Foto: MEDIA24

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die damme waaruit die Nelson Mandelabaai-metro sy water kry se vlakke is die laagste in agt jaar.

Luidens ’n verklaring wat deur die metro uitgereik is, staan die metro se damvlakke tans op 26,94% in vergelyking met die 31% wat in 2010 opgeteken is.

Daar word ook weer ’n beroep op inwoners gedoen om water so ver moontlik te bespaar en slegs 60 liter per persoon per dag te gebruik.

“Hoewel die metro alle pogings aanwend om waterverlies en -verbruik te verminder, help dit geensins dat reën skaars is nie,” lui die verklaring.

“Die burgemeester het die metro verlede jaar tot ’n rampgebied verklaar weens die watersituasie. Strenger maatreëls is ingestel, miljoene rande is bestee om die waterverspreiding-infrastruktuur te verbeter en lekkasies te stop en meer loodgieters is aangestel.

“Die metro is ook tans besig met waterbesparingsveldtogte waar skole, sakeonder-nemings en kerke die fokusgebiede is,” lui die verklaring voorts.

Volgens die verklaring het die metro ook tydens die huidige somerseisoen besluit om ’n paar openbare swembaddens te sluit.

Die burgemeester van die metro, Athol Trollip, het selfs laat verlede jaar ’n boorgat by die Motherwell-begraafplaas geopen waar mense, en veral ondernemings wat met water verband hou, toegelaat word om water gratis te neem.

“Die direktoraat vir infrastruktuur en ingenieurswese het ook ’n besluit geneem om motorwasondernemings in minderbevoorregte gebiede te help deur boorgatwater na hul ondernemings te neem sodat die druk op drinkwater verminder kan word.”

Die verklaring sê voorts strenger strafmaatreëls word ingestel vir diegene wat nie by die waterbeperkings hou nie.

’n Dringende vergadering sal ook gehou word om meer waterbeperkings te bespreek en in te stel.

“Die koalisieregering beskou die huidige waterkrisis in ’n baie ernstige lig en doen ’n beroep op die inwoners van die metro om saam te werk aan hierdie waterbesparingsdoelwit.

“ ’n Maksimum van 60 liter per persoon per dag en storte wat 2 minute duur, is hoe dit gedoen moet word.

“Gebruik boorgatwater vir tuinwerk en motorwas, herwin soveel as wat jy kan en installeer infrastruktuur wat sal help om water beter te benut,” lui die verklaring.

Alternatiewelik word daar aan huis- eienaars voorgestel om te belê in ’n stelsel waar die gryswater van die badkamerpype opgevang word. ’n Gryswaterstelsel kan so eenvoudig wees soos om ’n emmer te gebruik om afvalwater op te vang en buite te gebruik, of so ingewikkeld soos om die gryswater regstreeks buite met die gebruik van ’n tenk en pomp te herlei.

  • Meld lekkasies aan by 0800 205 050.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.