Weggegooide babalykie by stortingsterrein gekry

2020-05-14 06:01

’n Hawelose man het verlede week op die lyk van ’n baba by ’n vullishoop in die Koedoeskloof-stortingsterrein afgekom.

Hy het vroegoggend in die vullissakke gekrap toe hy die babameisie se lyk ontdek het. Dit is die tweede babalykie wat binne ’n week in die Nelson Mandelabaai metropool gekry is.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die saak word ondersoek en ’n lykskouing sal gehou word om die presiese oorsaak van die kind se dood te bepaal.

Lede van die speurtak in Uitenhage behartig die ondersoek.

Ao. Deon Roos, die ondersoekbeampte, het gesê enigiemand wat weet wie die ma is of oor meer inligting beskik, kan hom by 079 896 8148 of 041 996 3438 bel.

In ’n afsonderlike voorval is die naakte lykie van ’n pasgebore babaseun in ’n swartsak in die bosse naby die Curro Westbrook-skool gekry nadat ’n vrou dae tevore die sak in die bosse “gegooi het”.

Volgens kringtelevisiebeelde wat op 26 April geneem is, kan gesien word hoe ’n vrou in ’n Haval-sportnutsvoertuig by ’n bebosde deel naby die skool stilhou, die swartsak in die bosse gooi en wegry.

Die vrou is opgespoor deur middel van die registrasienommer van die voertuig wat in die beeldmateriaal sigbaar is, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, bevestig.

’n Klag van die verberging van ’n geboorte word teen dié 30-jarige vrou van KwaDwesi ondersoek.         

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.