Werker verdrink ná waterpyp bars

2019-08-01 06:01
Die sloot buite Uitenhage het in ’n modderdam verander toe ’n waterpyp bars. ’n Werker wat in die sloot was het verdrink. LINKS BO: ’n Polisieduiker op soek na die man se lyk.  Foto: Verskaf

Die sloot buite Uitenhage het in ’n modderdam verander toe ’n waterpyp bars. ’n Werker wat in die sloot was het verdrink. LINKS BO: ’n Polisieduiker op soek na die man se lyk. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n KONTRAKWERKER het verdrink nadat ’n waterpyp gebars en die sloot waarin hy gewerk het binne sekondes met water opgevul is.

Dié man, Lindile Makhaphela (50) en nog drie werkers was Maandagmiddag in die sloot van sowat 3 m diep in die veld langs Transnet (R367) buite Uitenhage besig om aan die waterpyp te werk.

Dié pyp het gebars en die sloot was eensklaps oorstroom. Ander werkers en bestuurders wat buite die sloot gestaan het, kon drie van die mans uithelp. Die vierde man het egter onder die modderwater verdwyn.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê polisieduikers van Port Elizabeth is na die toneel ontbied. ’n Geregtelike doods- ondersoek is gelas.

Volgens ’n bron wat op die toneel was, is die soektog na die werker bemoeilik weens die modderwater, die oneweredige diepte van die sloot en die modderwalle wat voortdurend ingeval het.

Swart sê die polisieduikers het die werker se lyk omstreeks 13:45 gevind en uit die water gehaal. Makhaphela is op die toneel dood verklaar.

Dié gebarste pyp het dele van Uitenhage vir drie dae sonder water gelaat.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.