Wilde waaghalsige truuks te sien by fees van vlerke en wiele

2019-03-21 06:02
Kunsvlieënier Patrick Davidson gaan vanjaar weer ’n paar truuks in die lug doen by die BLG Wings & Wheels fees by Uitenhage-vliegveld. Foto: HEILIE COMBRINCK

Kunsvlieënier Patrick Davidson gaan vanjaar weer ’n paar truuks in die lug doen by die BLG Wings & Wheels fees by Uitenhage-vliegveld. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VLERKE, wiele, van die land se bekende sangers en vlieënde 4x4s is wat vanjaar by die BLG Wings & Wheels fees op die Uitenhage-vliegveld gesien gaan word.

Verskeie soorte ligte vliegtuie soos Jabirus, Savannas, Whispers, Ravin, Cessna en Bushbaby sowel as helikopters, sweeftuie, girokopters en mikroligte-vliegtuie gaan op 13 April, uit alle windrigtings by die Uitenhage- vliegveld land om deel te wees van die jaarlikse fees.

Die bekende Redbull/Hella kunsvlieënier Patrick Davidson gaan weereens ’n lugvertoning aanbied.

Wat die vierwiele betref gaan ’n nasionale 4x4 kompetisie, die Algoa Steel Extreme 4x4 Challenge daar aangebied word.

Vir die eerste keer by ’n fees gaan van die 4x4 drywers poog om hulle viertrek-kragmonsters “vlerke te gee”. Hulle gaan in een van die spesiaal ontwerpte hindernisse ’n 360 grade “bollemakiesie” in die lug probeer maak!

Ander wiele, wat op Moeder Aarde gaan bly en by die fees ’n draai gaan maak sluit in blink, spoggerige vuurwaens, oud en nuut. Verskeie motorklubs gaan hulle trots by die fees parkeer sowel as ’n paar ovaalbaan-renmotors. Twee- en driewiele gaan daar ook wees, met motorfietsklubs wat dié fees gaan ondersteun.

Waaghalsige feesgangers sal vanjaar weer die geleentheid gebied word om aan tandem-valskermspronge deel te neem.

Vanjaar se bekende kunstenaars sluit in Kurt Darren, Demi Lee Moore, Monique Steyn, Wicus van der Merwe en Elizma Theron. ’n Hele paar plaaslike sangers gaan ook optree.

Vanjaar se begunstigdes van die fees sluit in Drostdy Werkplek, Oosterland, Aandmymering, Uitenhage DBV en die plaaslike gemeenskapspolisiëring.

’n Wings & Wheels-uitstalling van motors en selfs ’n vliegtuig word op Vrydag, 29 Maart by Baywest-inkopiesentrum gehou.

Kaartjies vir die BLG Wings & Wheels is beskikbaar by HTS Daniel Pienaar, Westway Cafe, Algoa Steel, Klinicare apteke op Uitenhage en Despatch en op die dag van die fees by die hekke.

  • Vir meer navrae bel Lourens Kruger by 082 320 2615.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.