Wildsfees ‘mak genoeg’ vir héle gesin

2016-05-26 06:00
Die Zip Zap-sirkusgroep van Kaapstad is onder die kunstenaars wat vanjaar feesgangers op die Spar Kirkwood Wildsfees sal betower. Hier voer Jason Barnard van Zip Zap een van sy toertjies uit op die fees se bekendstelling. Die fees vind vanjaar van 24 tot 26 Junie plaas.  Foto: THEO JEPTHA

Die Zip Zap-sirkusgroep van Kaapstad is onder die kunstenaars wat vanjaar feesgangers op die Spar Kirkwood Wildsfees sal betower. Hier voer Jason Barnard van Zip Zap een van sy toertjies uit op die fees se bekendstelling. Die fees vind vanjaar van 24 tot 26 Junie plaas. Foto: THEO JEPTHA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Voordat Oos-Kapenaars hulself vir die wintermaande in kokonne van komberse toewikkel, kan hulle uitsien na ’n wilde, wonderlike naweek in die hartjie van die Sondagsriviervallei.

Die Spar Kirkwood Wildsfees, wat vanjaar van 24 tot 26 Junie aangebied word, sal dié dorp in ’n sprokiesland vol feetjies, sterre en harlekyne omskep, het die organiseerders gister op die bekendstelling van die fees beloof.

Boonop sal dit die hele familie betower, het Jenni Honsbein, feesdirekteur, gesê. “Sover ons weet, is ons die enigste groot fees in Suid-Afrika wat vir die hele gesin voorsiening maak,” het Honsbein gesê.

Dié vermaak sluit in optredes deur topkunstenaars soos Eden – wat die eerste keer sedert hul hereniging in die Oos-Kaap sal optree – ADAM, Snotkop, Lianie May, Ray Dylan en vele meer.

Een van Honsbein se grootste verrassings is egter optredes deur Zip Zap, ’n Kaapstadse sirkusgroep wat met hul Fun Factory-vertoning kinders en volwassenes na hul asem sal laat snak.

Kinders sal ook vermaak word deur die Frozen Forest, ’n feetjietuin wat spesiaal vir die fees geskep word, en deur Kosie Beukes (8), ’n kranige musikant van Boksburg wat reeds 13 instrumente kan speel.

Onder dié instrumente is konsertina, trekklavier en banjo, het sy oupa Kobus trots vertel.

“Elke middag as hy van die skool tuiskom, skuif hy agter sy instrumente in om te oefen.”

Ander hoogtepunte sluit in die wildveiling, ’n bokhaar-ekspo, kookdemonstrasies en die Tiki-eilandstylkroeg wat vir die fees ingerig sal word.

  • Kaartjies vir die fees is beskikbaar by die Spar Kirkwood Wildsfees-kantoor by 042 230 0064. Meer inligting is te kry by www.wildsfees.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.