Willowdam uiteindelik skoongemaak

2017-11-30 06:01

Na ’n tydperk van 8 jaar se korrespondensie met munisipale departemente om Willowdam skoon te maak, het grondverskuiwingsmasjinerie verlede week spreekwoordelik die dam onder die eende uitgeskep.

“Kyk na hierdie lêers en lêers van briewe en amptelike korrespondensie. Ons sukkel sedert 2009 om toe-stemming te kry dat Willowdam skoongemaak kan word. Uiteindelik het ons die groenlig gekry!” sê raadslid Pieter Terblanche van Uitenhage.

Masjinerie het inbeweeg en riete en modder is al om die dam begin uithaal.

“Dit is skokkend om te sien wat alles hier uitkom. Dakteels, sementblokke, buitebande … ek weet nie hoe kan mense besluit om die goed hier in die dam te stort nie.”

Volgens Terblanche sou die vervoer van die riete en modder na Koedoeskloof die projek onbekostigbaar maak. Daarom is alternatiewelik besluit om ‘n diep sloot naby die dam te grawe waarin dit gegooi en toegestoot word.

“Die grond wat uitgehaal is om die sloot te grawe is weer vir ‘n ander projek aangewend.”

Terwyl masjinerie besig was om die dam skoon te maak kon watervoëls skuiling vind op die eiland.

Na voltooiing van die skoonmaakproses sal die kabel-heinings weer om die dam gespan word en die nodige munisipale kennisgewingbord sal opgebring word.

Swem is verbode in Willowdam, so-ook visvang, die gebruik van alkohol in die park en die storting van items in die dam.

Volgens Terblance behoort die skoonmaakproses nog ‘n week te duur.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.