Jong sportsterre bekroon

2018-12-05 06:01
Belanghebbendes op die SuperSport Let’s Play Sportster van die Jaar-toekenningsgeleentheid by die Flamingo Casino in Kimberley op 29 November. Van links is Eugene Jacobs (uitvoerende hoof van Noord-Kaap Krieket), Marjuzel Venter (wenner), Geraldine Faber (Specsavers), Daniël du Toit (naaswenner) en Boipelo Mere (redakteur van Northern Cape Express).Foto: Pieter Bruwer

Belanghebbendes op die SuperSport Let’s Play Sportster van die Jaar-toekenningsgeleentheid by die Flamingo Casino in Kimberley op 29 November. Van links is Eugene Jacobs (uitvoerende hoof van Noord-Kaap Krieket), Marjuzel Venter (wenner), Geraldine Faber (Specsavers), Daniël du Toit (naaswenner) en Boipelo Mere (redakteur van Northern Cape Express).Foto: Pieter Bruwer

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die SuperSport Let’s Play Sportster van die jaar-toekennings vir die Noord-Kaapse koerante, Noordkaap, Express Northern Cape en Kalahari Bulletin is op Donderdag 29 November by die Flamingo Casino-konferensiesentrum in Kimberley gehou.

Eerste en tweede plekke is toegeken vir elkeen van die bogenoemde publikasies.

Eugene Jacobs, die uitvoerende hoof van Noord-Kaap Krieket, en Geraldine Faber, ’n verteenwoordiger van Specsavers, was die gassprekers tydens die geleentheid.

Specsavers het ’n R2 000-koepon vir Police-sonbrille vir die wenners geborg, sowel as drie R500 geskenkbewyse vir die naaswenners.

Daar was ook Infinity-sonbrille ter waarde van R690 vir elkeen van die ouers.

Marjuzel Venter en Daniël du Toit is onderskeidelik as die Noordkaap-wenner en -naaswenner van vanjaar se kompetisie gekroon.

  • Die wenner van vanjaar se Noordkaap Let’s Play Sportster van die jaar kompetisie is die 14-jarige Marjuzel Venter.

Marjuzel, ’n gr.8-leerling aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley, is ’n veelsydige sportster wat die afgelope paar jaar op plaaslike-, -nasionale- en internasionale vlak besonderse prestasies behaal het.

Marjuzel is as Juniemaand se wenner van die Noordkaap Let’s Play Sportster van die jaar kompetisie gekies vir haar puik prestasie in tennis en netbal.

Dit is veral op die tennisbaan waar Marjuzel vanjaar geskitter het.

Nie net speel Marjuzel vir haar skool se eerste tennisspan nie, sy beklee ook die eerste plek in die Noord-Kaapse provinsiale o.15-tennisranglys.

Marjuzel is vanjaar vir die derde jaar agtereenvolgende jaar vir die Suid-Afrikaanse junior Springbok o.15-tennisspan gekies.

Sy het in Julie as deel van die Suid-Afrikaanse span in na die Verenigde Koninkryk getoer waar sy nie ’n enkele wedstryd verloor het nie.

Marjuzel is ook die onderkaptein van haar skool se o.14A-netbalspan en is vanjaar weer in die provinsiale o.14-span ingesluit.

Marjuzel se leuse is: “Wees altyd passievol en ten volle toegewyd aan alles wat jy aanpak. Werk hard om jou gegewe talente te ontwikkel, maar bly beskeie wanneer jy sukses behaal.”

  • Die naaswenner van vanjaar se Noordkaap Let’s Play Sportster van die jaar kompetisie is Daniël du Toit.

Daniël,’n gr.11-leerling aan die Hoërskool de Aar, is veelsydige sportman wat die afgelope paar jaar op plaaslike-, -nasionale- en internasionale vlak besonderse prestasies behaal het.

Daniël is as Augustusmaand se wenner van die Noordkaap Let’s Play Sportster van die jaar kompetisie gekies vir sy puik prestasie in tennis, krieket – maar veral in skiet.

Daniël is sedert 2016 deel van die Junior Protea-skietspan waar hy Suid-Afrika op internasionale vlak verteenwoordig het.

Hy is vanjaar ook as die kaptein van die o.19 Junior Protea-Span gekies.

Daniël het as deel van dié span by die 149ste Imperial-kompetisie in Engeland teen skuts van Engeland en Kanada deelgeneem.

Buiten sy internasionale prestasies in skiet is Daniël ook ’n veelsydige sportman wat oor die afgelope paar jaar aan verskeie sportsoorte soos tennis, krieket en atletiek deelgeneem en presteer het.

Daniël het vanjaar (2018):

- Die Noord-Kaapse eerste tennisspan gehaal

- Sy skool se eerste krieketspan gehaal

- Hy is ook as die kaptein van sy skool se krieketspan gekies

Daniël glo dat sport ’n belangrike deel van elke kind se ontwikkeling is. Hy sien sport as iets wat gemeenskappe saambind, ongeag jou ras, kultuur, ouderdom of status soos geënspireer deur oud-president Nelson Mandela tydens die Rugby-Wêreldbekker van 1995.

Daniël het twee leuses: een vir die lewe en een vir sport.

Daniël se leuse vir sport is: “Moed opgee is eenvoudig nie ’n opsie nie.”

Sy leuse vir die lewe is: “As God vir jou is, wie kan teen jou wees?”

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.