Jonges kan só in aanmerking kom vir titel in sport

2019-07-17 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vaar jy goed in sport?

Moedig jy jong mense in jou skool, gemeenskap of by die gim­nasium aan om aktief te wees?

Let’s Play wil van jou hoor. SuperSport het in 2008 die behoefte onder jong mense identifiseer om meer aktief by sport betrokke te raak.

Daarom het SuperSport en Let’s Play, in samewerking met Vrystaat Nuus/News, ’n spesiale projek begin.

Die doelwit is om erkenning te gee aan jong mense van laer- en hoërskole wat in sport presteer.

Die hoop is dat almal aangespoor sal word om sport te beoefen.

SuperSport se Let’s Play Sportster van die Maand-kompetisie is oop vir enigeen van ses tot 18 jaar.

Jy kan jouself benoem of deur ’n vriend, familielid, onder­wyser of afrigter benoem word.

Van al die inskrywings wat ontvang word, sal een kandidaat as die SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand aangewys word.

Die maandelikse wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak en word vir Let’s Play se Sportster van die Jaar-kompetisie ingeskryf.

Benoemings moet die volgende insluit: die kandidaat se naam, ouderdom, kontakbesonderhede en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) oor wat hy of sy op sportgebied bereik het.

Let’s Play is ’n projek om ’n gesonde leefstyl en ontwikkeling by skole deur spel en sport aan te moedig.

Stuur vandag nog jou benoeming. Benoemings wat ná die 20ste van ’n maand ontvang word, sal na die volgende maand se inskrywing oorgedra word.

Stuur benoemings per e-pos na supersport@ zpr.co.za of faks dit na 086-552-4922.

Bel Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574 vir meer inligting.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.