Ask an expert
Question

03 Apr 2003

Baie lelike letsels aan gesig
Ek was in Junie 2000 in 'n ernstige motorongeluk. Twee skedulbreuke, en elf bene in my gesig alleen gebreek (neus, verhemelte, sinus holte, wangbene, oogkas ens.) Die gedeelte van my haarlyn (voorkop) tot bokant my regteroog was oopgeskeur tot op die been.
Omdat daar blykbaar nie juis 'n kans was dat ek dit sou oorleef nie, het die dokters nie veel aandag gegee aan hierdie probleme nie, en net my lewe probeer red. Daar was 7 spesialiste wat na my omgesien het. (Neurochirurg, Internis, Maxillofacial&oral surgeon, Plastiese chirurg,Ortopediese chirurg, Oftalmoloog en 'n oogspesialis - amper regteroog verloor)
Blykbaar is die gapende wonde net met groot swart steke toegewerk, maar toe dit lyk of ek wel die paal sou haal, is die verbande afgehaal, en daar is toe gesien dat gedeeltes van die vleis doodgegaan het. Dit moes toe verwyder word en alles bymekaar getrek word om toegewek te word. Dit lyk AAKLIG. My regter wenkbrou sit omtrent 1cm bo die linker een, en die hare groei boontoe agv 'n sny wat ook bymekaar getrek moes word. Daar is baie lelike merke om my ooglid, voorkop en wangbeen. Daar is 'n groot gedeelte op my voorkop waar ek geen gevoel het nie. Ek het ook my reuksintuig verloor.
Ek het gereeld na die plastiese chirurg teruggegaan aangesien hy in die hospitaal al gesê het 'ons gaan dit so mooi regmaak jy sal nie eers weet dit was daar nie'. Hy het toe NOG glasstukke uit my voorkop en gesig gehaal en 'n knop wat tussen my wenkbroue was, plat gemaak. Daarna het hy gesê dat dit al is wat hy vir my kan doen, en ek moet maar met grimering probeer inkleur op my wenkbroue en wimpers waar die hare nie groei nie.
Baie mense (en een dokter) het agterna vir my gesê dat die spesifieke dokter 'n kwak is en te oud en bewerig is om operasies te doen (hy is al 70). Ek sal nou werklik nie sover gaan om dit te sê nie, maar ek wil bitter graag iets doen om my voorkoms te verbeter. Kan u my GROOT ASSEBLIEF verwys na iemand baie goed, verkieslik in PORT ELIZABETH (dis waar ek bly).
Answer 1,404 views
Expert
plastic

01 Jan 0001

Kontak die Plastiese Chirurgie Vereniging van Suid-Afrika vir ‘n lys van plastiese chirurge in jou omgewing
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9472 votes
No
68% - 20303 votes
Vote